#4  Die Sonskynpad – Episode 4

Loading player...
Terwyl Kobus tussen vergete toekennings en stowwerige tekste in sy agterplaas rondkrap, stoot Mila die toer vorentoe met venues wat reeds bespreek en plakkate wat klaar versprei is. Hunter en Kobus bots oor Shakespeare, sepies en wat “regte” teater beteken, terwyl die tyd genadeloos verby tik. Met geen teks, geen repetisies en kaartjies wat reeds verkoop is, móét die drie leer saamwerk.
Season 1 / Episode 4 8 Jul Afrikaans South Africa Comedy · Fiction

Other recent episodes

Die Sonskynpad – Episode 17

Terwyl Saartjie weer rol, wys Mila vir Jano die wêreld binne die bus – vol stories, geheime en skerp opinies. Tussen grappies en gekibbel begin ou wonde en nuwe dinamiek deurbreek. Party bagasie dra jy nie in ʼn tas nie, maar in jouself.
Season 1 / Episode 17 11 min

Die Sonskynpad – Episode 16

Langs ʼn verlate pad bots Jano en Hunter se wêrelde, terwyl hulle die bussie probeer regmaak. Met spanning wat opbou en Mila wat wegbly, raak alles skielik broos. Party dinge breek nie met tyd nie, maar deur stilte.
Season 1 / Episode 16 11 min

Die Sonskynpad – Episode 15

Terwyl die jonges in die mis verdwyn, bly Kobus en Tant Ella agter met ʼn gasstofie wat nie wil luister nie en gedagtes wat te hard praat. Wat begin as bekommernis, word ʼn gesprek oor spoke, generasies en hoe maklik ʼn mens self een kan word. Met naald, draad en…
Season 1 / Episode 15 12 min

Die Sonskynpad – Episode 14

Met Saartjie wat gaan staan en ʼn onbekende helper wat meer weet as wat hy wys, word ʼn eenvoudige probleem ʼn nagtelike avontuur. Terwyl die span in die donker na ʼn oplossing stap, groei vertroue … én wantroue. Nie almal glo in helde nie, maar almal wil een wees.
Season 1 / Episode 14 11 min

Die Sonskynpad – Episode 13

ʼn Rustige rit verander vinnig wanneer die bussie op ʼn berugte stuk pad gaan staan. Met mis wat rol en verbeelding wat weghardloop, raak heldedrome groter as gesonde verstand. Maar nie alles wat in die donker nader kom, is wat jy dink dit is nie. Soms is die grootste spoke…
Season 1 / Episode 13 12 min