Vrydag Oggenddiens - Past Marius Jacobs

Loading player...
RIGTERS 1
Die verowering van die land
1Na die dood van Josua het die Israeliete die Here geraadpleeg. Hulle het gevra: “Wie van ons moet eerste teen die Kanaäniete gaan veg?”
2Die Here het geantwoord: “Juda moet gaan. Ek gee die land oor in sy mag.”
3Toe sê Juda vir sy broer Simeon: “Kom saam met my na die gebied toe wat aan my toegesê is, dan veg ons saam teen die Kanaäniete. Ek sal dan weer saam met jou gaan na jou gebied toe.”
Simeon is toe saam met hom.
4Juda het toe gaan veg, en die Here het die Kanaäniete en die Feresiete in Juda se mag oorgegee en hy het in Besek tien duisend man verslaan. 5Daar het hy op Adoni-Besek afgekom en teen hom geveg en die Kanaäniete en die Feresiete verslaan. 6Adoni-Besek het gevlug, maar Juda het hom agternagesit en hom gevang. Hulle het sy duime en groottone afgesny. 7Toe sê Adoni-Besek: “God het my nou die straf gegee wat ek verdien, want ek het sewentig konings se duime en groottone laat afsny, en hulle moes kos soek onder my tafel.” Juda het vir Adoni-Besek na Jerusalem toe gevat, en hy is daar dood.
26 Jun 2AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Vrydag Oggenddiens - Ds Wimpie Raath

ROMEINE 8 35Wie kan ons van die liefde van Christus skei? Lyding of benoudheid of vervolging, honger of naaktheid, gevaar of swaard? 36Daar staan immers geskrywe: “Dit is oor U dat die dood ons dag vir dag bedreig, dat ons soos slagskape behandel word.” 37Maar in al hierdie dinge is…
11 Sep 2AM 11 min

Woensdag Oggenddiens - Ds Wimpie Raath

EFESIËRS 3 17dat Christus deur die geloof in julle harte sal woon en dat julle in die liefde gewortel en gegrondves sal wees. 18Mag julle in staat wees om saam met al die gelowiges te begryp hoe wyd en ver en hoog en diep die liefde van Christus strek. 19Mag…
9 Sep 2AM 11 min

Dinsdag Oggenddiens - Ds Wimpie Raath

1 JOHANNES 4 Die vals profete 1Geliefdes, moenie enigeen glo wat sê dat hy die Gees van God het nie, want daar is nou reeds baie vals profete in die wêreld, maar ondersoek elkeen, ondersoek of sy gees van God afkomstig is. 2Hiéraan ken julle die Gees van God: elkeen…
8 Sep 2AM 11 min