Woord vir Vandag - 25 Julie 2026

Loading player...
“Moet dus nie moeg word om goed te doen nie, want as ons nie tou opgooi nie sal ons op die regte tyd oes.” Galasiërs 6:9 NLV
Jy benodig meer van die Heilige Gees (2)
Die Heilige Gees gee ons wysheid bo ons kennis, mag bo ons krag, en gawes bo ons vermoëns. Met sy hulp word ons beter as ons beste poging en beter as ons beste gedagte. Ons word die beste weergawe van onsself. Natuurlik neem dit ‘n leeftyd. Daarom het Paulus geskryf: ‘Moet dus nie moeg word om goed te doen nie, want as ons nie tou opgooi nie sal ons op die regte tyd oes.’ Dit is moeilik om ‘n boer voor te stel wat ‘n landery vol koring plant en dan verbaas is dat dit nie mielies oplewer nie. Hoekom? Omdat jy maai wat jy saai. Tog lyk sommige van ons geskok wanneer die saad van sonde hul oes oplewer. Wat plant jy dus? Liefde of haat? Vreugde of ondankbaarheid? Geduld of ongeduld? Selfbeheersing of selfbevrediging? Die wet van saai en maai kan jou breek of jou maak - mits jy aanhou om die regte saad te saai. Wil jy ‘n oorvloedige oes hê? Dan het jy meer van die Heilige Gees nodig. Die Heilige Gees kan jou egter nie vul as jy vol van jouself is nie. Die voorvereiste om dus meer van die Heilige Gees te hê, is om eerlik, nederig en honger vir sy leiding te wees. Galasiërs 5:22-23 gee ‘n lys van die nege vrugte wat die Heilige Gees in ons lewe voortbring. As jy meer van die Heilige Gees wil hê, beteken dit dat jy letterlik meer liefde, meer vreugde, meer vrede, meer geduld, meer vriendelikheid, meer goedheid, meer getrouheid, meer sagmoedigheid en meer selfbeheersing wil hê (sien Galasiërs 5:22-23). Die goeie nuus is dat jy soveel van die Heilige Gees kan hê as wat jy wil.
25 Jun English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Aug 2026

“Let us not become weary in doing good, for at the proper time we will reap a harvest if we do not give up.” Galatians 6:9 NIV Keep on keeping on Some of the world’s most successful people were told by so-called experts that they didn’t have what it took…
28 Jul 1 min

Woord vir Vandag - 31 Aug 2026

“Moet dus nie moeg word om goed te doen nie, want as ons nie tou opgooi nie, sal ons op die regte tyd oes.” Galasiërs 6:9 NLV Hou aan Van die wêreld se suksesvolste mense is deur sogenaamde kenners meegedeel dat hulle nie sukses in die beroepe wat hulle gekies…
28 Jul 2 min

Word for Today - 30 Aug 2026

“Who is this uncircumcised Philistine?” 1 Samuel 17:26 NKJV Trust your covenant with God Fourteen generations before David fought Goliath, God told Abraham, “I will bless those who bless you, and whoever curses you I will curse” (Genesis 12:3 NIV). Later, God extended this covenant to Abraham’s descendants and inserted…
28 Jul 2 min

Woord vir Vandag - 30 Aug 2026

“…Wie is hierdie onbesnede Filistyn...?” 1 Samuel 17:26 NLV Vertrou in jou verbond met God Veertien geslagte voordat Dawid teen Goliat geveg het, het God vir Abraham gesê: ‘Ek sal dié seën wat jou seën en dié wat jou vervloek, sal Ek vervloek…’ (Genesis 12:3 NLV). Later het God hierdie…
28 Jul 2 min

Word for Today - 29 Aug 2026

“Christ…entered…into heaven…to appear in the presence of God for us.” Hebrews 9:24 NKJV Jesus is in your corner (2) Growing up, many of us had no clue what our parents did forty hours a week. We might have known where they worked, but we weren’t altogether sure what they did…
28 Jul 1 min