Woord vir Vandag - 8 Julie 2026

Loading player...
“Hy het ons gered uit die mag van die duisternis…” Kolossense 1:13 NLV
God is lief vir jou en aanvaar jou
Jimmy Wayne het nooit sy pa geken nie en sy ma het meer tyd in die tronk as daarbuite deurgebring. Toe Jimmy twaalf was, is sy ma uit die tronk vrygelaat en het sy ‘n verhouding met ‘n berugte moeilikheidmaker aangeknoop. Sy ma en haar nuwe kêrel het vir Jimmy in hul kar gelaai en vir ‘n hele jaar lank was daardie kar hulle tuiste. Toe, eendag, het hulle hom by ‘n busstasie afgelaai en weggery. Hy het geen huis, geen toekoms en geen geld gehad nie. Terwyl hy deur ‘n buurt rondgedwaal het, het hy ‘n ouer man wat houtwerk in sy motorhuis doen, gewaar. Hy het die bejaarde man genader en gevra of hy vir hom werk het. Hy het nie net ‘n werk vir Jimmy Wayne gegee nie, maar hom ook ingeneem om by hom en sy vrou te woon. Om in ‘n huis te woon het vir Jimmy soos die hemel gevoel. Tog, ten spyte van hul vriendelikheid en gasvryheid, het hy geweier om sy sak uit te pak. Vir vier dae het sy plastieksak vol klere op die vloer gelê, gereed om gegryp te word wanneer die man en vrou van plan verander. Hulle het Jimmy egter uiteindelik oortuig om hulle te vertrou om vir hom te sorg. Miskien bevraagteken jy jou plek in God se familie of sy liefde vir jou. Wat as Hy van plan verander? God het daardie vraag aan die kruis beantwoord. Toe Jesus gesterf het, is daar vir altyd in jou guns besluit. ‘Hy het ons gered uit die mag van die duisternis en ons oorgebring onder die koningsheerskappy van sy geliefde Seun.’ Wat het op die ou einde van Jimmy Wayne geword? Hy het sy plek in sy aangenome familie ingeneem, ‘n opvoeding ontvang en ‘n country-sanger en liedjieskrywer geword.
25 Jun English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Aug 2026

“Let us not become weary in doing good, for at the proper time we will reap a harvest if we do not give up.” Galatians 6:9 NIV Keep on keeping on Some of the world’s most successful people were told by so-called experts that they didn’t have what it took…
28 Jul 1 min

Woord vir Vandag - 31 Aug 2026

“Moet dus nie moeg word om goed te doen nie, want as ons nie tou opgooi nie, sal ons op die regte tyd oes.” Galasiërs 6:9 NLV Hou aan Van die wêreld se suksesvolste mense is deur sogenaamde kenners meegedeel dat hulle nie sukses in die beroepe wat hulle gekies…
28 Jul 2 min

Word for Today - 30 Aug 2026

“Who is this uncircumcised Philistine?” 1 Samuel 17:26 NKJV Trust your covenant with God Fourteen generations before David fought Goliath, God told Abraham, “I will bless those who bless you, and whoever curses you I will curse” (Genesis 12:3 NIV). Later, God extended this covenant to Abraham’s descendants and inserted…
28 Jul 2 min

Woord vir Vandag - 30 Aug 2026

“…Wie is hierdie onbesnede Filistyn...?” 1 Samuel 17:26 NLV Vertrou in jou verbond met God Veertien geslagte voordat Dawid teen Goliat geveg het, het God vir Abraham gesê: ‘Ek sal dié seën wat jou seën en dié wat jou vervloek, sal Ek vervloek…’ (Genesis 12:3 NLV). Later het God hierdie…
28 Jul 2 min

Word for Today - 29 Aug 2026

“Christ…entered…into heaven…to appear in the presence of God for us.” Hebrews 9:24 NKJV Jesus is in your corner (2) Growing up, many of us had no clue what our parents did forty hours a week. We might have known where they worked, but we weren’t altogether sure what they did…
28 Jul 1 min