
Hill-Lewis skommel span in GNU, Steenhuisen afgedank
Loading player...
Die DA-leier, Geordin Hill-Lewis, het John Steenhuisen verwyder as minister van Landbou ná 'n hersiening van die party se span in die regering van nasionale eenheid. Steenhuisen neem oor as adjunkminister van Handel, Nywerheid en Mededinging in die plek van Alexandra Abrahams. Die huidige minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Willie Aucamp, volg Steenhuisen op en David Maynier sal vir Aucamp vervang. Yusuf Cassim is nou die adjunkminister van Hoër Onderwys, en Jack Bloom die adjunkminister van Water en Sanitasie. Hill-Lewis sê die veranderings was nodig:

