
VN vra vir hulpkorridor deur Hormuz
Loading player...
Die Verenigde Nasies sê daar is ’n dringende behoefte om 'n hulpkorridor te open om deur die geblokkeerde Straat van Hormuz te beweeg en 'n wêreldwye hongerkrisis te voorkom. Dit volg nadat die VSA en Iran ooreengekom het om die Straat, wat ongeveer 20-persent van die wêreld se olie en vloeibare natuurlike gas vervoer, te heropen. Die VN se hoof van menseregte, Volker Türk, sê die afgelope maande het getoon dat die geskille in die Midde-Ooste nie deur militêre optrede opgelos kan word nie:

