
Rentekoerse môre na verwagting onveranderd
Loading player...
Die Bank van Namibië se monetêre beleidskomitee sal na verwagting môre sy jongste repokoersbesluit aankondig. Met die repokoers tans op 6,5 persent en die kommersiële bank se prima uitleenkoers op 10 persent, verwag markwaarnemers geen verandering nie. Momentum Investments-ekonoom Kara van den Heever sê hooflyninflasie van 4,1 persent en aanduidings dat die Straat van Hormuz Vrydag kan heropen, ondersteun verwagtinge dat die sentrale bank koerse onveranderd sal hou.

