Kollig episode 64 | Sinodegangers deel indrukke by Bothaville

Loading player...
Hoe het afgevaardigdes en gassprekers die NG Kerk Vrystaat se sinodesitting van 7-10 Junie beleef? Kerkbode-redakteur Le Roux Schoeman praat op die laaste dag met afgevaardigdes Daleen Deacon en Hansie van Niekerk, asook ds Ulrich Ohlhoff, dr Nina Müller van Velden en dr Marinda van Niekerk van PEN en die nuwe Respond SA.

Vir meer beriggewing oor die nuwe leierskap wat verkies is, gassprekers, werkswinkels gehou en meer besoek kerkbode.co.za
Chapters
  • 00:47 Daleen Deacon (onderwyseres van Steynsrus)
  • 02:13 Hansie van Niekerk (boer van Senekal)
  • 03:27 Ds Ulrich Ohlhoff (Harrismith)
  • 07:26 Dr Nina Müller van Velden
  • 14:10 Dr Marinda van Niekerk
11 Jun Afrikaans South Africa Christianity · Religion & Spirituality

Other recent episodes

Kollig episode 67 | Hoe help die Enneagram my as dominee?

’n Wye verskeidenheid hulpmiddels is in die domein van selfkennisprogramme beskikbaar. Die Enneagram, ’n persoonlikheidstipe-model met antieke oorsprong, wek die afgelope klompie jare toenemend belangstelling. Ook onder predikante. Ds Maartje van der Westhuizen is een van talle wat opgelei is om die Enneagrammodel aan te bied. Sy en twee deelnemers…
11 Sep 29 min

Kollig episode 66 | Wat is die 2026 PredikanteSAAMkoms (en wat is dit nie)?

Meer as 100 predikante is betrokke by die 2026 PredikanteSAAMkoms. Dié geleentheid, beplan vir einde Augustus, gaan deur honderde NG predikante van regoor Suid-Afrika bygewoon word. Waarom is so ’n massasaamkoms nodig – en hoe hoop die organiseerders sal dit predikante én hulle gemeentes kan versterk en bedien? Vir hierdie…
3 Aug 21 min

Kollig episode 65 | Trauma se onsigbare wonde – hoe lyk die kerk se sorg?

’n Klomp goed het gebeur na die moord op sy skoonouers. ’n Polisie-ondersoek, hofsaak, media. Maar toe raak dit stil, ook vanaf die kerk. “Toe sit ons nog met die verwonding …” Só vertel ds Gerhard Pietersen wie se skoonouers in 2016 op hulle Suid-Kaapse kleinhoewe vermoor is. Hy is…
25 Jun 26 min