Brandstof: Minister se riglyne is verhewe bo Staatskoerant

Loading player...
Die Namibiese Mededingingskommissie sê sy vyfjaarverbod op Nasan Energies om brandstof van Vitol te verkry is steeds onder appèl, ten spyte van 'n regeringsopdrag wat Vitol as 'n belangrike brandstofverskaffer aan die plaaslike mark benoem. Die kommissie se woordvoerder, Dina //Gowases, sê die samesmeltingsvoorwaardes vir Nasan se verkryging van 52 Shell- en Engen-vulstasies is apart van die beleidsopdrag wat deur die lynministerie uitgereik is. Onder die kommissie se voorwaardes word Nasan verbied om petroleumprodukte direk of indirek van Vitol te koop. Dit is ook in die Staatskoerant gepubliseer. //Gowases het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
11 Jun 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

SA kleinhandelverkope styg 3,4% in Julie

Statistiek Suid-Afrika sê kleinhandelverkope was in Julie 3,4-persent hoër as dieselfde maand verlede jaar. Die groei is hoofsaaklik aangevuur deur algemene handelaars, ander kleinhandelaars en winkels wat klere, skoeisel en voedselprodukte verkoop. Verkope het ook met 2,5-persent toegeneem vergeleke met Junie. Raquel Floris van Statistiek Suid-Afrika sê kleinhandelverkope het oor…
17 Sep 11AM 1 min

Gemengde boerdery voordelig vir beesboere: Akkerbouraad

Fidelis Mwazi, uitvoerende hoof van die Akkerbouraad, beklemtoon die toenemende belangrikheid van gemengde boerdery vir beesboere. Tydens sy toespraak vanoggend by die Nasionale Akkerbou- en Tuinbou-toekenningsgeleentheid in Gobabis, het hy gesê dat die kombinasie van beesboerdery en gewasverbouing aan boere ’n veerkragtige en selfonderhoudende sakemodel bied wat koste verlaag en…
17 Sep 11AM 1 min

Landbouministerie, Unam snoer kragte saam

Die landbouministerie het 'n memorandum van ooreenkoms met Unam onderteken om saam te werk aan navorsing, werk-geïntegreerde leer en hulpbrondeling. Adjunkminister Ruthy Masake het tydens die ondertekening beklemtoon dat die ooreenkoms akademiese navorsing en nasionale beleidsuitvoering sal oorbrug.
17 Sep 10AM 1 min

Capricorn-groep jaarresultate wys waarde ondanks uitdagings

Capricorn-groep het in sy geouditeerde jaar resultate vir die jaar wat op 30 Junie 2026 geëindig het, 'n wins na belasting van 1,87 miljard Namibiese dollar aangemeld, 6,4 persent laer as die vorige jaar. Johan Maass, die groep se finansiële direkteur, sê die resultaat toon die waarde van die maatskappy…
17 Sep 10AM 1 min