LPM se Ndala vra wette teen aanlyn-teistering

Loading player...
Aanlyn teistering dwing volgens berigte vroue toenemend om hulself te onttrek aan openbare gesprekke en politieke betrokkenheid. Duminga Ndala, jeugleier van die Landless People's Movement stem saam. Sy sê vrees vir aanlyn aanvalle beperk vroue se vermoë om hul menings vrylik uit te spreek en kan ernstige gevolge vir hul geestesgesondheid hê. Ndala doen 'n beroep op owerhede om wette af te dwing om kuberafknouery te bekamp.
9 Jun 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Uitvoerbok-toetse vertraag, prys val meer as 50%

Daar is ‘n erge vertraging in die toetsing van bokke vir uitvoer op-die-hoef na Suid-Afrika, ‘n kritieke bron van inkomste, ook vir kleiner boere. Daar word beweer dat vertragings in die nodige bees-tuberkulose en Brusellose toetse tot vier weke duur en bokpryse het intussen met meer as 50 persent gedaal…
12 Jun 11AM 1 min

Russel hoop sy Catalunya GP is beter as twee voriges

Motorsport: George Russell van Mercedes sê hy hoop om sy onlangse terugslae die naweek in die Catalunya Grand Prix in Barcelona om te keer. Hy het weens 'n tegniese probleem geen punte in Kanada aangeteken nie, en ook nie in Monaco nie ná 'n laat deurry-straf. Russell het 'n agterstand…
12 Jun 11AM 1 min

Swakopmund gaan begin water afsny oor uitstaande skuld

Inwoners van Swakopmund se Matutura- en Mondesa- woonbuurte word versoek om uitstaande munisipale rekeninge te vereffen, aangesien die munisipaliteit gereed maak om volgende week met waterontkoppelings te begin. Die ontkoppelings, gerig op agterstallige rekeninge, sal van Maandag, 15 Junie tot Donderdag, 18 Junie uitgevoer word. Munisipaliteitwoordvoerder Linda Mupupa sê dit…
12 Jun 10AM 1 min

Vitol se 3-maande brandstofverskaffing die regte besluit: Namcor

Sowat twee weke nadat die regering die wêreldwye energiehandelaar Vitol as Namibië se enigste grootmaat-petroleumverskaffer van Julie tot September aangekondig het, verdedig Namcor die besluit. Namcor beskryf dit as 'n kommersieel voordelige reëling wat brandstofsekerheid sal versterk en verkrygingskoste sal verminder. Namcor-woordvoerder Paulo Coelho sê die ooreenkoms kom op 'n…
12 Jun 10AM 1 min