Blitsbokke kan net verbeter: afrigter

Loading player...
Rugby: Die Springbok-Sewes se afrigter, Philip Snyman, is uiters trots op sy span en hoe hulle dié seisoen deurgaans presteer het. Die Blitsbokke het hulle Sewes-wêreldreeks-sege opgevolg deur hulle Wêreldkampioenskapstitel suksesvol te verdedig. Tristan Leyds het die toekenning as die Mans-sewes-speler van die jaar verower terwyl hy en sy spanmaat, Shilton van Wyk, ook in die seisoen se droomspan aangewys is. Snyman sê die span beweeg in die regte rigting:
8 Jun 11AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Madlanga-kommissie looi Mashaba

Die Gautengse verkeerspolisiehoof Samuel Mashaba is streng ondervra by die Madlanga-kommissie omdat hy na bewering versuim het om die polisie van sekere onwettige aktiwiteite in kennis te stel. Dit volg te midde van ondersoeke na die Aeroton-dwelmonderskepping in 2021. Kommissaris Sesi Baloyi het Mashaba se bewering betwis dat hy sulke…
13 Jun 1AM 1 min

Copps 94.1: Bees veroorsaak ongeluk op B1

‘n Ongeluk waarin drie motors en ‘n bees op die B1-pad naby Brakwater betrokke was, was die vernaamste insident wat die aandag van die Copps 94.1-span tydens ‘n besonderse stil Vrydagaand in die hoofstad geverg het. Kosmos 94.1 se Francois Lottering was deel van die span saam met die Namibiese-…
13 Jun 12AM 1 min

Uitvoerbok-toetse vertraag, prys val meer as 50%

Daar is ‘n erge vertraging in die toetsing van bokke vir uitvoer op-die-hoef na Suid-Afrika, ‘n kritieke bron van inkomste, ook vir kleiner boere. Daar word beweer dat vertragings in die nodige bees-tuberkulose en Brusellose toetse tot vier weke duur en bokpryse het intussen met meer as 50 persent gedaal…
12 Jun 11AM 1 min

Russel hoop sy Catalunya GP is beter as twee voriges

Motorsport: George Russell van Mercedes sê hy hoop om sy onlangse terugslae die naweek in die Catalunya Grand Prix in Barcelona om te keer. Hy het weens 'n tegniese probleem geen punte in Kanada aangeteken nie, en ook nie in Monaco nie ná 'n laat deurry-straf. Russell het 'n agterstand…
12 Jun 11AM 1 min