Registrasie van nie-SA voertuie wat na SA reis het begin

Loading player...
Die tydelike registrasie van nie-Suid-Afrikaanse voertuie wat van SACU-lande afkomstig is en wat daardie land binnegaan, het vandag in werking getree. Die proses word deur die Suid Afrikaanse Inkomstediens geïmplementeer. Die ses maande lange permit kan aanlyn of by die grens verkry word. Kosmos 94.1 Nuus het met Leodolf Swanepoel van die logistieke vereniging en uitvoerende hoof van FP du Toit Transport gepraat. Hy sê hierdie is fase een.
1 Jun 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Swak internet kniehalter misdaadstryd op plase

Swak internetverbinding in landelike gebiede kniehalter doeltreffende misdaadbekamping in die landboussektor en was Vrydag een van die fokuspunte tydens die jaarlikse vergadering tussen die Namibiese Landbou-unie, die Namibiese Nasionale Boerevereniging en Nampol op Otjiwarongo. NLU-president Thinus Pretorius het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
13 Jun 7AM 1 min

Nuwe ooreenkomste gaan tekort aan medisyne verlig

Met medisynetekorte wat steeds openbare gesondheidsfasiliteite raak en nasionale voorraadvlakke wat op ongeveer 60 persent aangemeld word, het die kabinet twee strategiese gesondheidsooreenkomste met Egipte en die Afrika-sentrums vir Siektebeheer en -voorkoming onderskryf. Die adjunk-inligtingminister, Wenzel Kavaka, het tydens die lewering van die jongste kabinetsbesluite gesê die ooreenkomste is daarop…
13 Jun 5AM 1 min

Namcor verdedig Vitol-besluit

Namcor het sy besluit verdedig om 'n regeringswaarborg te soek voordat hulle hulle verbind het om brandstof vir drie maande aan die land te verskaf. Dit het daartoe gelei dat die regering Vitol eerder as die voorkeurverskaffer aangestel het. Namcor se kommunikasiespesialis, Utaara Hoveka, sê voortdurende bedryfskapitaalbeperkings het sy posisie…
13 Jun 4AM 1 min

Polisie wil meer hande met boere vat

Meer reserviste en private misdaadbestrydingsforums wat saam met die Namibiese polisie werk om misdaad op plase te bekamp, was Vrydag een van die besprekingspunte tydens die jaarlikse vergadering tussen die Namibiese Landbou-unie, die Namibiese Nasionale Boerevereniging en Nampol op Otjiwarongo. NLU-president Thinus Pretorius het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê verskeie…
13 Jun 2AM 1 min

Madlanga-kommissie looi Mashaba

Die Gautengse verkeerspolisiehoof Samuel Mashaba is streng ondervra by die Madlanga-kommissie omdat hy na bewering versuim het om die polisie van sekere onwettige aktiwiteite in kennis te stel. Dit volg te midde van ondersoeke na die Aeroton-dwelmonderskepping in 2021. Kommissaris Sesi Baloyi het Mashaba se bewering betwis dat hy sulke…
13 Jun 1AM 1 min