Phala Phala ampsklagkomitee 'moet die waarheid nastreef'

Loading player...
DA-leier Geordin Hill-Lewis sê die parlement se ampsklagkomitee moet die waarheid sonder aansien des persoons nastreef. In 'n onderhoud met SABC Nuus het Hill-Lewis gesê die proses gaan oor die beskerming van die waardes van aanspreeklikheid, etiek en eerlikheid in die regering eerder as enige individu of administrasie. Hy het beklemtoon dat alle bevindinge deur bewyse gelei moet word en dat enigiemand wat aan oortredings skuldig bevind word aanspreeklik gehou moet word, ongeag hul politieke posisie of invloed:
1 Jun 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Kry verslag nou klaar, hoor ad hoc-komitee

Die speaker van die Nasionale Vergadering, Thoko Didiza, het die ad hoc-komitee gewaarsku om nie van sy mandaat af te wyk nie, sy werk af te handel en sy verslag voor te lê. Die komitee ondersoek beweerde korrupsie en politieke inmenging in die strafregstelsel en het verlede week sy sesde…
18 Sep 8AM 1 min

Dis ons plig om Kuba te help: NNN

'n Solidariteitsete ter ondersteuning van Kuba het meer as 19 miljoen Namibiese dollar in beloftes ingesamel en sodoende die aanvanklike doelwit van 5 miljoen Namibiese dollar oortref. President Netumbo Nandi-Ndaitwah het burgers aangemoedig om die fondsinsamelingspoging te steun en beklemtoon dat Namibië se bystand nie 'n blote transaksionele liefdadigheidsdaad is…
18 Sep 8AM 1 min

Bewyse dat VSA aanval op Iranse skool oorlogmisdaad is

ʼn Paneel menseregte-kenners van die Verenigde Nasies sê hulle het redelike gronde gevind dat Amerika in twee aanvalle in Iran waarin minstens 178 burgerlikes dood is, oorlogsmisdade gepleeg het. ʼn Nuwe verslag deur die onafhanklike internasionale feite-sending in Iran het bevind die missiel-aanvalle in Februarie op ʼn laerskool in Minab…
18 Sep 6AM 1 min

Old Mutual beloon top-wiskunde leerders

Die Old Mutual-stigting sê dit het 50 000 Namibiese dollar in die Nasionale Wiskunde-olimpiade belê, wat toppresterende hoërskoolleerders in al 14 streke erken met effektetrustpryse. Roland Ndjamba en Helena Haikali van die African Olympiad Academy het die topposisies behaal, en het elk 8 000 Namibiese dollar-effektetrustrekeninge ontvang. Old Mutual-stigting-trustee, Ramona…
18 Sep 6AM 1 min

Okh-inwoners warm onder die kraag oor Eswatini-reis

Inwoners van Okahandja dring aan op die kansellasie van 'n beplande reis deur 35 munisipale amptenare na Eswatini, waar hulle na verwagting van 20 tot 25 September aan die 20ste uitgawe van die Southern Africa Inter-Municipal Sports Association-spele sal deelneem. Na verwagting sal die reis die munisipaliteit ongeveer 175 000…
18 Sep 6AM 1 min