Woord vir Vandag - 19 Junie 2026

Loading player...
“Maar God praat… deur drome…” Job 33:14-15 NLV
Laat jou droom herleef
God is die gewer van drome. ‘Maar God praat op verskillende maniere… Hy praat deur drome en visioene, in die nag wanneer mense diep slaap’ (verse 14-15 NLV). Tensy jy die res van jou lewe onvervuld en ongeïnspireerd wil leef, moet jy jou droom uit die kas haal en die stof afblaas. Dis maklik om in die ‘moets’ van die lewe vasgevang te raak - werk; om na kinders, eggenote en bejaarde ouers om te sien; die huishouding te bestuur, ens. Jy moet egter glo dat jy jou drome kan laat herleef en glo dat jy die vermoë het om die entoesiasme wat jy eens vir die lewe gevoel het, te ontsluit. Jy moet die moed hê om die teleurstellings van die verlede in die gesig te staar en uit te pluis hoekom jy laas van die pad afgewyk het. Dan moet jy die stem in jou kop stilmaak wat sê: ‘Wie is jy om meer uit die lewe te wil hê? Jy kan dit nie doen nie; dis te laat vir jou.’ Ons gee moed op met ons drome omdat ons dink dis wat grootmense veronderstel is om te doen. Soos ons egter volwasse word, besef ons dat dit die strewe na ons drome is wat ons lewendig laat voel. Die waarheid is dat jou droom, soos Lasarus, met liefde, gebed en groot aandag, opgewek kan word (sien Johannes 11:43). Die geheim om drome te laat herleef is om die proses daarvan te geniet, eerder as om op die uitkoms daarvan te fokus. Prestasie gaan in hierdie geval nie oor posisie, roem of finansiële vergoeding nie, maar om dit te doen wat jy liefhet. Dit is wat Jesus belowe het: ‘…Ek het gekom sodat hulle lewe kan hê, ja, om dit oorvloedig te hê’ (Johannes 10:10 NLV).
22 May English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Aug 2026

“Let us not become weary in doing good, for at the proper time we will reap a harvest if we do not give up.” Galatians 6:9 NIV Keep on keeping on Some of the world’s most successful people were told by so-called experts that they didn’t have what it took…
28 Jul 1 min

Woord vir Vandag - 31 Aug 2026

“Moet dus nie moeg word om goed te doen nie, want as ons nie tou opgooi nie, sal ons op die regte tyd oes.” Galasiërs 6:9 NLV Hou aan Van die wêreld se suksesvolste mense is deur sogenaamde kenners meegedeel dat hulle nie sukses in die beroepe wat hulle gekies…
28 Jul 2 min

Word for Today - 30 Aug 2026

“Who is this uncircumcised Philistine?” 1 Samuel 17:26 NKJV Trust your covenant with God Fourteen generations before David fought Goliath, God told Abraham, “I will bless those who bless you, and whoever curses you I will curse” (Genesis 12:3 NIV). Later, God extended this covenant to Abraham’s descendants and inserted…
28 Jul 2 min

Woord vir Vandag - 30 Aug 2026

“…Wie is hierdie onbesnede Filistyn...?” 1 Samuel 17:26 NLV Vertrou in jou verbond met God Veertien geslagte voordat Dawid teen Goliat geveg het, het God vir Abraham gesê: ‘Ek sal dié seën wat jou seën en dié wat jou vervloek, sal Ek vervloek…’ (Genesis 12:3 NLV). Later het God hierdie…
28 Jul 2 min

Word for Today - 29 Aug 2026

“Christ…entered…into heaven…to appear in the presence of God for us.” Hebrews 9:24 NKJV Jesus is in your corner (2) Growing up, many of us had no clue what our parents did forty hours a week. We might have known where they worked, but we weren’t altogether sure what they did…
28 Jul 1 min