Woord vir Vandag - 12 Junie 2026

Loading player...
“Mag julle in staat wees om… Christus se liefde, wat alle verstand te bowe gaan, [te] beleef…” Efesiërs 3:18-19 NLV
Bid vir ‘n openbaring van God se liefde (1)
Op die gebied van algemene relatiwiteit, is daar ‘n punt van geen terugkeer nie. Dit is die punt waar swaartekrag so groot word dat dit onmoontlik is om daarvan te ontsnap. Die mees voor die hand liggende voorbeeld hiervan is ‘n swart gat – ‘n hemelliggaam so massief dat lig sy swaartekragveld slegs kan binnedring, maar nooit kan verlaat nie. Sodra jy sy horison oorsteek, is daar geen omdraaikans nie. God se liefde is soos hierdie punt van geen terugkeer nie. Die Bybel sê dat God die liefde self is (sien 1 Johannes 4:8). Die implikasies van hierdie enkele stelling sal ‘n ewigheid neem om te ontrafel. Niks is sterker of langer as God se liefde nie. Sodra jy dit oorsteek, kan jy nie terugkeer nie. Wie sou in elk geval wou? Logika sal jou nie tot by God se liefde kry nie. Sy liefde is meer as logies - dit is teologies. Die enigste manier om God se liefde te ontvang, is deur ‘n openbaring daarvan te kry. Paulus het geskryf: ‘Mag julle in staat wees om saam met al God se mense te begryp hoe breed en lank en hoe hoog en diep sy liefde is. Dan sal julle Christus se liefde, wat alle verstand te bowe gaan, beleef. Mag julle heeltemal met die volheid van God vervul word’ (Efesiërs 3:18-19 NLV). Die liefde van God is onmeetbaar. Dit pas nie in ‘n boks nie, nie eers in ‘n boks so groot soos die heelal nie. As die heelal nie groot genoeg is nie, sal God se liefde beslis nie binne die grense van ons menslike logika pas nie. Hoe kry ons dit dan in ons harte en gedagtes? Deur ‘n persoonlike openbaring! Die woord vir jou vandag is dus: bid vir ‘n openbaring van God se liefde.
22 May English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Aug 2026

“Let us not become weary in doing good, for at the proper time we will reap a harvest if we do not give up.” Galatians 6:9 NIV Keep on keeping on Some of the world’s most successful people were told by so-called experts that they didn’t have what it took…
28 Jul 1 min

Woord vir Vandag - 31 Aug 2026

“Moet dus nie moeg word om goed te doen nie, want as ons nie tou opgooi nie, sal ons op die regte tyd oes.” Galasiërs 6:9 NLV Hou aan Van die wêreld se suksesvolste mense is deur sogenaamde kenners meegedeel dat hulle nie sukses in die beroepe wat hulle gekies…
28 Jul 2 min

Word for Today - 30 Aug 2026

“Who is this uncircumcised Philistine?” 1 Samuel 17:26 NKJV Trust your covenant with God Fourteen generations before David fought Goliath, God told Abraham, “I will bless those who bless you, and whoever curses you I will curse” (Genesis 12:3 NIV). Later, God extended this covenant to Abraham’s descendants and inserted…
28 Jul 2 min

Woord vir Vandag - 30 Aug 2026

“…Wie is hierdie onbesnede Filistyn...?” 1 Samuel 17:26 NLV Vertrou in jou verbond met God Veertien geslagte voordat Dawid teen Goliat geveg het, het God vir Abraham gesê: ‘Ek sal dié seën wat jou seën en dié wat jou vervloek, sal Ek vervloek…’ (Genesis 12:3 NLV). Later het God hierdie…
28 Jul 2 min

Word for Today - 29 Aug 2026

“Christ…entered…into heaven…to appear in the presence of God for us.” Hebrews 9:24 NKJV Jesus is in your corner (2) Growing up, many of us had no clue what our parents did forty hours a week. We might have known where they worked, but we weren’t altogether sure what they did…
28 Jul 1 min