Hulle is beslis meer bekend in Japan as in die res van die wêreld, maar hulle is nie sommer eenvoudige monsters nie. Hulle is gewoonlik vreesaanjaend, maar soms meer kompleks. Hierdie Kreatiewe Kreatuur is… ‘n Oni
Jy kan hulle op ‘n afstand sien en hoor, maar moenie dink jy kan weghardloop nie, want hulle gee net ‘n tree of twee, dan is hulle by jou. Want alles aan hulle is enorm! Hierdie Kreatiewe Kreatuur is… ‘n Reus
Hulle duik altyd op waar daar ‘n geheim gebou word, of waar ‘n nuuskierige agie te veel vrae vra. Hulle is eg Afrikaans, en jy kry hulle oral waar jy kinders kry wat wil weet wat aangaan. Hierdie Kreatiewe Kreatuur is… ‘n Hus met lang ore.
Hy’t die lyf van ‘n man, maar die kop van ‘n groot, sterk bul! En hy bly in ‘n doolhof waaruit amper geen mens kan onstnap nie. Hierdie Kreatiewe Kreatuur is… ‘n Minotaurus.
Met sy gepunte rooi hoed en sy welige wit baard het jy sekerlik al hierdie oulike karaktertjie teëgekom, maar wat weet jy eintlik alles van hierdie klein aardgees? Hierdie Kreatiewe Kreatuur is.... ‘n Kabouter.
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.