Donderdag Oggenddiens - Ds Dirk Meijer

Loading player...
PSALMS 90
Van ewigheid tot ewigheid is U God
1'n Gebed van Moses, die man van God.
Here, U was vir ons 'n toevlug
van geslag tot geslag.
2Voordat die berge gebore is,
voordat U die wêreld voortgebring het,
ja, van ewigheid tot ewigheid is U God!
3U laat die mens sterwe:
U sê net: “Word weer stof!”
4Duisend jaar is vir U soos gister as dit verby is,
soos een enkele wagbeurt in die nag.
5U maak 'n einde aan 'n mens,
hy gaan die doodslaap in.
Hy is soos gras wat in die môre afgesny word:
6in die môre is dit nog groen, maar dit word afgesny
en teen die aand is dit verlep en dit verdroog.
7Ons vergaan onder u toorn,
ons gaan te gronde onder u gramskap.
8U sien ons oortredinge raak,
U bring die sondes wat ons wou wegsteek, aan die lig.
9Onder u toorn vlieg ons dae
en skiet ons jare verby soos 'n gedagte.
10Ons lewe maar sewentig jaar,
of, as ons baie sterk is, tagtig,
en dié is vol swaarkry en leed.
Dit is gou verby,
ons vlieg na ons einde toe.
11Wie ken die krag van u toorn beter as u dienaars?
Wie ken u gramskap beter?
12Leer ons ons dae so gebruik
dat ons wysheid bekom.
13Hoe lank nog, Here, voordat U ons te hulp kom?
Ontferm U tog oor ons.
14Skenk ons elke dag u liefde in oorvloed,
dat ons ons lewe lank mag juig en bly wees.
15Soveel dae as dié waarin U ons verdruk het,
soveel jare as dié waarin ons gely het,
gee ons soveel jare van blydskap.
16Laat u werk vir ons duidelik word
en u grootheid vir ons kinders.
17Laat ons die goedheid van die Here ons God belewe:
hou die werk van ons hande in stand,
ja, die werk van ons hande, hou dit in stand.
23 Apr 2AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Maandag Oggenddiens - Dr Enrico Casaleggio

2 TESSALONISENSE 2 3Laat niemand julle op watter manier ook al mislei nie. Die dag van die Here sal nie aanbreek voordat die laaste afvalligheid gekom het en die wettelose mens wat vir die verderf bestem is, sy verskyning gemaak het nie. 4Hy sal hom verset teen al wat God…
27 Jul 2AM 9 min

Sondagaand Erediens - Past Buks van Staden

HEBREËRS 2 Die groot saligheid vereis groot verantwoordelikheid 1Om hierdie rede moet ons soveel kragtiger vasgryp aan wat ons gehoor het, sodat ons nie dalk wegdrywe nie.
26 Jul 1PM 21 min

Sondagoggend Erediens - Past Buks van Staden

HEBREËRS 12 2die oog gevestig op Jesus, die Begin en Voleinder van die geloof. Ter wille van die vreugde wat vir Hom in die vooruitsig was, het Hy die kruis verduur sonder om vir die skande daarvan terug te deins, en Hy sit nou aan die regterkant van die troon…
26 Jul 3AM 22 min

Saterdag Oggenddiens - Past Buks van Staden

JAKOBUS 1 1Van Jakobus, 'n dienaar van God en die Here Jesus Christus. Aan die twaalf stamme wat oor die wêreld versprei is. Groete! Geloof en wysheid 2My broers, julle moet baie bly wees wanneer allerlei beproewings oor julle kom, 3want, soos julle weet, as julle geloof die toets deurstaan…
25 Jul 2AM 15 min