Woord vir Vandag - 31 Mei 2026

Loading player...
“…Ek is vir altyd by julle…” Matteus 28:20 NLV
God is vandag ‘by jou’
Om ‘n persoonlike verhouding met iemand te hê, moet daar tweerigtingkommunikasie wees. Selfs die mees in homself gekeerde man moet elke nou en dan instemmend grom, anders is dit nie ‘n huwelik nie - dis ‘n monoloog. Kommunikasie tussen die Here wat by jou is, en jy wat by die Here is, vind hoofsaaklik in jou gedagtes plaas. Twee mense mag dalk dieselfde kamer deel, maar as een van hulle slaap of in die televisie verdiep is, is hulle nie regtig bymekaar nie. Daar moet interaktiewe bewustheid wees. Ons het as mense nie direkte toegang tot mekaar se gedagtes nie. Ons kan woorde, menslike aanraking of handgebare gebruik om ‘n ander persoon se gedagtes te rig. God is egter almagtig, dus is Hy in staat om ons gedagtes direk te rig. Hy kan met ons deur die Skrif of deur die woorde van ‘n ander persoon praat. Hy kan egter ook sy gedagtes direk in ons gedagtes plant. ‘…ons is ingestel om soos Christus te dink’ (1 Korintiërs 2:16 NLV). Dit kan enige tyd en enige plek gebeur. Jou gedagtes is dus jou ontmoetingsplek met God! Daar is baie omtrent God wat met jou kommunikeer wat ‘n raaisel is. Daar is geen formule nie. Jy kan nie God se kommunikasie met jou beheer nie. Jy kan Hom nie dwing om te praat deur meer vroom of opreg te wees of deur hard te werk nie. Jesus het vir Nikodemus gesê: ‘Die wind waai waar hy wil. Jy hoor sy suising, maar jy weet nie waarvandaan hy kom en waarheen hy op pad is nie. Só is dit met elkeen wat uit die Gees gebore is’ (Johannes 3:8 NLV). Hiervan kan jy vandag seker wees: God is met jou en Hy sal met jou praat as jy die tyd neem om te luister.
22 Apr English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Aug 2026

“Let us not become weary in doing good, for at the proper time we will reap a harvest if we do not give up.” Galatians 6:9 NIV Keep on keeping on Some of the world’s most successful people were told by so-called experts that they didn’t have what it took…
28 Jul 1 min

Woord vir Vandag - 31 Aug 2026

“Moet dus nie moeg word om goed te doen nie, want as ons nie tou opgooi nie, sal ons op die regte tyd oes.” Galasiërs 6:9 NLV Hou aan Van die wêreld se suksesvolste mense is deur sogenaamde kenners meegedeel dat hulle nie sukses in die beroepe wat hulle gekies…
28 Jul 2 min

Word for Today - 30 Aug 2026

“Who is this uncircumcised Philistine?” 1 Samuel 17:26 NKJV Trust your covenant with God Fourteen generations before David fought Goliath, God told Abraham, “I will bless those who bless you, and whoever curses you I will curse” (Genesis 12:3 NIV). Later, God extended this covenant to Abraham’s descendants and inserted…
28 Jul 2 min

Woord vir Vandag - 30 Aug 2026

“…Wie is hierdie onbesnede Filistyn...?” 1 Samuel 17:26 NLV Vertrou in jou verbond met God Veertien geslagte voordat Dawid teen Goliat geveg het, het God vir Abraham gesê: ‘Ek sal dié seën wat jou seën en dié wat jou vervloek, sal Ek vervloek…’ (Genesis 12:3 NLV). Later het God hierdie…
28 Jul 2 min

Word for Today - 29 Aug 2026

“Christ…entered…into heaven…to appear in the presence of God for us.” Hebrews 9:24 NKJV Jesus is in your corner (2) Growing up, many of us had no clue what our parents did forty hours a week. We might have known where they worked, but we weren’t altogether sure what they did…
28 Jul 1 min