Vakbond ondersteun klasaksie teen steenkoolmynmaatskappye

Loading player...
Die Nasionale Mynwerkersvakbond het steun uitgespreek vir 'n klasaksie teen steenkoolmynmaatskappye, insluitend South32, BHP Billiton en Seriti Power, namens gemeenskappe wat deur steenkool geraak word. Die vakbond voer aan werkers en nabygeleë inwoners in Mpumalanga en dele van Limpopo ly vir dekades weens onveilige toestande en korporatiewe nalatigheid, wat asemhalingsiektes en omgewingskade veroorsaak. Die woordvoerder van NUM, Livhuwani Mammburu doen 'n beroep op vergoeding vir geaffekteerde gemeenskappe:
14 Apr 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Vroue moet groter rol speel in leierskap

Met die tweedaagse werkswinkel van die Gesamentlike Parlementêre Vrouekoukus wat oor die naweek tot ‘n einde gekom het, vra rolspelers dat vroue ‘n sterker rol speel leierskap-posisies. Vroueparlementslede en burgerlike samelewing-organisasies het samesprekings gehou oor die versterking van vroue-leierskap en die bevordering van geslagsgelykheid. Die komitee-voorsitter, Sharonice Busch, sê vroueleiers…
20 Sep 5AM 1 min

Oproepe om regsgeskille vinniger en meer bekostigbaar te maak

Die druk op Namibië se regstelsel is tydens die driedaagse "State of Justice"-konferensie onder die loep geneem, met oproepe om vinniger en meer bekostigbare maniere om geskille te besleg. Toni Hancox, direkteur van die Regshulpsentrum, sê president Netumbo Nandi-Ndaitwah het 'n geldige punt oor die oorbelasting van die howe, veral…
20 Sep 3AM 1 min

VERKEER: Staal op B1 pad tussen Whk en Rhb

Motoriste op die B1-pad tussen Windhoek en Rehoboth word gevra om stadig en versigtig te ry, na ‘n berig ontvang is dat daar ‘n vrag staal op die padoppervlakte in die Stable View-omgewing opgemerk is. Dis nog nie bekend of verkeersowerhede reeds na die toneel ontplooi is vir opruimingswerk nie…
20 Sep 1AM 1 min

Lesotho en Suid-Korea vier 60 jaar van diplomatieke betrekkinge

Lesotho en Suid-Korea het tydens 'n geleentheid in Maseru 60 jaar van diplomatieke betrekkinge herdenk. Lesotho se minister van Indiensneming en Arbeid, Ts'eliso Mokhosi, het die verhouding beskryf as een van wedersydse respek en samewerking. Hy het Suid-Korea se ondersteuning vir vaardigheidsontwikkeling deur die Koreaanse Internasionale Samewerkingsagentskap beklemtoon. Mokhosi sê…
19 Sep 6AM 1 min