Die leier van die Patriotic Alliance, Gayton McKenzie, het die voorsitter van die DA se federale raad, Helen Zille, gekritiseer oor haar rekord en benadering tot Johannesburg. McKenzie sê Johannesburg het nuwe leierskap nodig en die PA se burgemeesterskandidaat, Kenny Kunene, sal dit kan doen. McKenzie se opmerkings vorm deel…
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens vra die publiek om nie foto's te versprei van mense wat na bewering met die moorde op vroue in die Ekurhuleni-gebied verbind word nie. Polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, sê die SAPD het nog geen skets van 'n verdagte, gesoekte-plakkaat of foto van 'n verdagte in verband met die…
Met die tweedaagse werkswinkel van die Gesamentlike Parlementêre Vrouekoukus wat oor die naweek tot ‘n einde gekom het, vra rolspelers dat vroue ‘n sterker rol speel leierskap-posisies. Vroueparlementslede en burgerlike samelewing-organisasies het samesprekings gehou oor die versterking van vroue-leierskap en die bevordering van geslagsgelykheid. Die komitee-voorsitter, Sharonice Busch, sê vroueleiers…
Die druk op Namibië se regstelsel is tydens die driedaagse "State of Justice"-konferensie onder die loep geneem, met oproepe om vinniger en meer bekostigbare maniere om geskille te besleg. Toni Hancox, direkteur van die Regshulpsentrum, sê president Netumbo Nandi-Ndaitwah het 'n geldige punt oor die oorbelasting van die howe, veral…
Motoriste op die B1-pad tussen Windhoek en Rehoboth word gevra om stadig en versigtig te ry, na ‘n berig ontvang is dat daar ‘n vrag staal op die padoppervlakte in die Stable View-omgewing opgemerk is. Dis nog nie bekend of verkeersowerhede reeds na die toneel ontplooi is vir opruimingswerk nie…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.