Meatco sê nee vir tweede verskeping van bees na Mauritius

Loading player...
Berigte doen die rondtes dat Namibië 'n tweede uitvoer van 3 000 bees op die hoef na Mauritius reël. Die eerste verskeping was op 24 Maart. Kritiek word uit alle oorde daaroor uitgespreek en nie net rakende dierewelsyn nie. NamRA kla oor heffings en die regering en landbou-rolspeler het kommer oor waardetoevoeging en tekorte in die plaaslike mark, ook vir Europese uitvoere. Kosmos 94.1 Nuus het met die interim uitvoerende hoof van Meatco, Albertus Aochamub gepraat. Hy sê Meatco staan saam met die regering se standpunt daarteen.
7 Apr 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Okahandja-skole kry voorafbetaalde meters

Die onderwysministerie het voorafbetaalde watermeters by skole in Okahandja geïnstalleer, asook voorafbetaalde elektrisiteitsmeters, wat hom baie geld spaar. Dit is volgens lynminister Sanet Steenkamp in die Nasionale Vergadering, in antwoord op 'n vraag van die Republikeinse Party-parlementslid Mathias Mbundu oor 'n gebrek aan water by skole in die dorp.
27 Apr 11PM 1 min

Withuis blameer Demokrate se taal vir sluipmoordpoging op Trump

Die verdagte in die skietery by die Withuis se jaarlikse korrespondente-dinee, Cole Tomas Allen, is aangekla van poging om Amerikaanse president Donald Trump te vermoor. Allen, 'n 31-jarige van Kalifornië, is ook aangekla van wapenmisdrywe wat verband hou met die voorval by die Washington DC Hilton. Die Withuis se perssekretaris,…
27 Apr 11PM 1 min

Land is 'stortingsterrein vir gevaarlike insekdoders'

Greenpeace Africa, saam met verskeie burgerlike groepe, pleit vir 'n vasteland-verbod op hoogs gevaarlike plaagdoders en waarsku dat die produkte bydra tot kanker, onvrugbaarheid en omgewingskade. Mark Paxton, eienaar van Shamvura-kamp by die Okavango-rivier, het in 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus sy steun vir die voorgestelde verbod uitgespreek en…
27 Apr 11AM 1 min

Vermy doop in riviere, vra polisie na verdrinkings

Die polisie in Mpumalanga vra inwoners om godsdienstige byeenkomste in riviere te vermy ná verskeie verdrinkings. Woordvoerder Jabu Ndubane het bevestig drie kinders het in die Wellasrivier in eMbalenhle verdrink, en 'n bejaarde pastoor het in die Etiyeni-dam verdrink. Sy sê geregtelike doodsondersoeke is geopen. Ndubane waarsku gemeenskappe om veiligheid…
27 Apr 11AM 1 min