ECB verskerp tariefreëls om verbruikers te beskerm

Loading player...
Die Elektrisiteitsbeheerraad verskerp sy tariefreëls, met elektrisiteitsmaatskappye wat binnekort sal moet regverdig hoe hulle hul pryse vasstel. Die reguleerder sê die nuwe stelsel sal nutsdienste druk om onnodige koste te besnoei terwyl tariewe bekostigbaar vir verbruikers bly. Pinehas Mutota, die raad se hoofbestuurder vir ekonomiese regulering, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die raamwerk, wat in 2027 uitgerol sal word, ook meerjarige pryse sal instel om elektrisiteitskoste meer voorspelbaar te maak en skielike verhogings te vermy.
2 Apr 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Registreer om te stem - Ramaphosa

President Cyril Ramaphosa sê daadwerklike burgerlike deelname is noodsaaklik om demokrasie te versterk. Hy het gepraat tydens die bekendstelling van die Mylpale van Vryheid-veldtog by die Uniegebou in Tshwane. Ramaphosa het Suid-Afrikaners aangespoor om 'n aktiewe rol in die openbare lewe te speel deur te stem, by gemeenskapsinisiatiewe aan te…
19 Jun 3AM 1 min

Obama bepleit eenheid by opening van sy sentrum

Voormalige Amerikaanse presidente, afgetrede politici en bekendes het die opening van die Barack Obama Presidensiële Sentrum in Chicago bygewoon. Die sentrum is ontwikkel om ʼn lewende viering van gemeenskap en die belangrikheid van demokrasie te wees. Oudpresident George W Bush, Bill Clinton, en Joe Biden was teenwoordig, asook Oprah Winfrey,…
19 Jun 3AM 1 min

Kommunikasiesektor groei sterk

Namibië se kommunikasiesektor toon sterk tekens van groei en veerkragtigheid. Nuwe syfers wat deur die Kommunikasie-reguleringsowerheid vrygestel is, toon toenemende breëbandkonnektiwiteit, verhoogde infrastruktuurbelegging, sterker kuberveiligheidsprestasie en wyer toegang tot kommunikasiedienste reg oor die land. Cran-woordvoerder Mufaro Nesongano:
19 Jun 2AM 1 min

DA sê 56% van polisiestasies kan nie per telefoon bereik word nie

Die DA sê 56-persent van die land se polisiestasies kan nie per telefoon bereik word nie. 'n Landwye oudit het bevind 571 uit meer as 1 000 polisiestasies het nie hul gelyste amptelike nommers beantwoord nie. Limpopo het die swakste reaksiekoers getoon, gevolg deur die Vrystaat. Die DA-lid, Ian Cameron,…
19 Jun 2AM 1 min

Burnham wen, Arbeider-leierskapstryd begin

Die tafel is gedek vir 'n leierskapstryd in die Britse Arbeidersparty. Die uiters gewilde Andy Burnham het die tussenverkiesing in Makerfield met 'n oorweldigende meerderheid gewen wat hom sy setel in die parlement gee wat hy nodig het om premier Keir Starmer aan te vat. Burnham het amper 25 000…
19 Jun 1AM 1 min