Trump sê lande wat Hormuz gebruik moet dit self oopmaak

Loading player...
President Donald Trump sê die VSA het geen olie nodig wat deur die Straat van Hormuz ingevoer word nie. Hy sê lande wat dit nodig het, moet die leiding neem om die roete weer oop te maak. Iran het die seeweg, een van die wêreld se besigste olie-verskepingskanale, effektief geblokkeer sedert die VSA en Israel die land in Februarie aangeval het. Trump sê die Straat van Hormuz sal heropen sodra die oorlog eindig, en brandstofpryse sal dan vinnig daal:
2 Apr 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Reform UK sê na Burnham, boodskap is onveranderd - Starmer moet waai

Reaksie word ontvang op Andy Burnham se oorweldigende oorwinning in die tussenverkiesing in Makerfield. Die plaas hom terug in die parlement en baan die weg vir hom om Keir Starmer as leier van die Arbeidersparty uit te daag. Burnham het amper 25 000 stemme gekry, amper 10 000 meer as…
19 Jun 6AM 1 min

Iran-oorlog? Waaroor het dit gegaan, hulle is terug waar hulle was...

Terwyl die Trump-administrasie die memorandum van verstandhouding wat met Iran onderteken is ophemel, is nie Israel en alle Amerikaners, veral Republikeine, asook ander kritici so opgewonde daaroor nie. Jeremy Bowen, Sky News se hoogs aangeskrewe internasionale redakteur en politieke kommentator, wonder wat die Amerikaans-Israeliese oorlog met Iran nou eintlik bereik…
19 Jun 6AM 1 min

Korridor-groep het kommer oor vertragings by Katima-grenspos

Die Walvisbaai-korridorgroep waarsku dat verkeersopeenhopings by die Katima Mulilo-grenspos die mededingendheid van een van Suider-Afrika se belangrikste handelsroetes kan ondermyn. Belanghebbendes wat in Walvisbaai vergader, sê vertragings word vererger deur die onderbenutting van voorafklaringstelsels, wat lei tot lang vragmotorrye, langer transito-tye en stygende bedryfskoste langs die Walvisbaai-Ndola-Lubumbashi-ontwikkelingskorridor. Die groep se…
19 Jun 6AM 1 min

NHE se fokus is verkeerd, dit moet laekoste huise wees

Die Nasionale Behuisingsonderneming het gesê sy amptelike jaarlikse huisbou-teiken is 2 000, na stedelike en landelike ontwikkeling-minister James Sankwasa se beroep om 10 000 huise per jaar te bou. Die reaksie kom maande nadat Sankwasa die staatsbeheerde behuisingsontwikkelaar se relevansie in die openbaar bevraagteken het en die tempo van lewering…
19 Jun 6AM 1 min

Regering het sewe dae om te sê oor weermag ontplooiing in strate

Die aktivis Michael Amushelelo het 'n dringende versoek aan regeringsowerhede gerig om die wetlike basis vir die ontplooiing van Namibiese Weermag-soldate op strate bekend te maak. Dit kom terwyl sommige weermaglede in Windhoek se strate waargeneem word. Amushelelo het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die publiek 'n grondwetlike reg…
19 Jun 5AM 1 min