Midde-Ooste, diamante risiko's vir ekonomie, sê IMF

Loading player...
Die uitvoerende raad van die Internasionale Monetêre Fonds het Vrydag die Artikel IV-konsultasie met Namibië vir 2026 afgesluit. Die fonds sê die konflik in die Midde-Ooste hou afwaartse risiko's vir Namibië se groeivooruitsigte in, tesame met die voortgesette daling in diamantpryse. Spanleier Xiangming Li sê verdere fiskale aanpassing is van kritieke belang om skuld stewig op 'n afwaartse pad te plaas, wat konkrete maatreëls sal vereis om te verseker dat die beoogde primêre surplusse onder die mediumtermyn-bestedingsraamwerk haalbaar is.
28 Mar 7AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Gesondheid se moratorium op studies skerp gekritiseer

Die IPC spreek kommer uit oor die gesondheidsministerie se besluit om 'n moratorium op studieverlof en verdere opleiding vir ingeskrewe verpleegkundiges in te stel. Die riglyn, wat op 16 Maart uitgereik is, is bedoel om personeeltekorte aan te pak wat verband hou met verpleegkundiges wat met studieverlof weg is terwyl…
28 Apr 11AM 1 min

Boesak kap korrupsie in staatsdiens

Die anti-apartheidsaktivis, Allan Boesak, sê misdaad, armoede, korrupsie en ongelykheid benadeel steeds baie Suid-Afrikaners. Hy het tydens die bekendstelling van die "Nuwe Vryheidsveldtog" in die St George-katedraal in Kaapstad, die groeiende gaping tussen ryk en arm uitgelig en dit 'n morele krisis genoem. Boesak kritiseer beweerde korrupsie onder openbare amptenare…
28 Apr 11AM 1 min

Napso Privaatskole sportnaweek skop môre af

Die Securitas Napso Privaatskole sportnaweek gaan van môre tot 2 Mei in Swakopmund plaasvind. Pro-Ed is die gasheer vir vanjaar se byeenkoms en het maande lank gewerk om die sportgronde reg te kry vir die naweek. Kosmos 94.1 Nuus het met Johan Fourie, die uitvoerende hoof van Napso gepraat.
28 Apr 10AM 1 min