SA waghond waak teen prysuitbuiting ná brandstofskok

Loading player...
Die Mededingingskommissie van Suid-Afrika sê die oorlog in die Midde-Ooste het veroorsaak dat wêreldwye oliepryse tot meer as 100 Amerikaanse dollar per vat gestyg het. Woordvoerder Siyabulela Makunga sê daar is 'n duidelike risiko dat gewetenlose ondernemings die skielike styging en onsekerheid in brandstofpryse sal uitbuit deur pryse buitensporig te verhoog, bo dit wat deur die brandstofkostestygings geregverdig word:
28 Mar 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Gesondheid se moratorium op studies skerp gekritiseer

Die IPC spreek kommer uit oor die gesondheidsministerie se besluit om 'n moratorium op studieverlof en verdere opleiding vir ingeskrewe verpleegkundiges in te stel. Die riglyn, wat op 16 Maart uitgereik is, is bedoel om personeeltekorte aan te pak wat verband hou met verpleegkundiges wat met studieverlof weg is terwyl…
28 Apr 11AM 1 min

Boesak kap korrupsie in staatsdiens

Die anti-apartheidsaktivis, Allan Boesak, sê misdaad, armoede, korrupsie en ongelykheid benadeel steeds baie Suid-Afrikaners. Hy het tydens die bekendstelling van die "Nuwe Vryheidsveldtog" in die St George-katedraal in Kaapstad, die groeiende gaping tussen ryk en arm uitgelig en dit 'n morele krisis genoem. Boesak kritiseer beweerde korrupsie onder openbare amptenare…
28 Apr 11AM 1 min

Napso Privaatskole sportnaweek skop môre af

Die Securitas Napso Privaatskole sportnaweek gaan van môre tot 2 Mei in Swakopmund plaasvind. Pro-Ed is die gasheer vir vanjaar se byeenkoms en het maande lank gewerk om die sportgronde reg te kry vir die naweek. Kosmos 94.1 Nuus het met Johan Fourie, die uitvoerende hoof van Napso gepraat.
28 Apr 10AM 1 min