Sabalenka verwag taai Miami Ope-eindstryd teen Gauff

Loading player...
Tennis: Die wêreld-nommer-een, Aryna Sabalenka van Belarus, kom môre in die Miami Ope se eindstryd teen Coco Gauff te staan. Sabalenka, ʼn viermalige Grand Slam-kampioen, het Elena Rybakina van Kazakstan geklop. Sy kort net een oorwinning om met die gesogte Sonskyn-dubbel te spog ná haar sege vroeër die maand by Indian Wells. Gauff het die Tsjeg Karolina Muchova afgeransel om haar eerste Miami Ope-eindstryd te haal. Sabalenka vertel wat ondersteuners van die eindstryd teen Gauff kan verwag:
27 Mar 11AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Gesondheid se moratorium op studies skerp gekritiseer

Die IPC spreek kommer uit oor die gesondheidsministerie se besluit om 'n moratorium op studieverlof en verdere opleiding vir ingeskrewe verpleegkundiges in te stel. Die riglyn, wat op 16 Maart uitgereik is, is bedoel om personeeltekorte aan te pak wat verband hou met verpleegkundiges wat met studieverlof weg is terwyl…
28 Apr 11AM 1 min

Boesak kap korrupsie in staatsdiens

Die anti-apartheidsaktivis, Allan Boesak, sê misdaad, armoede, korrupsie en ongelykheid benadeel steeds baie Suid-Afrikaners. Hy het tydens die bekendstelling van die "Nuwe Vryheidsveldtog" in die St George-katedraal in Kaapstad, die groeiende gaping tussen ryk en arm uitgelig en dit 'n morele krisis genoem. Boesak kritiseer beweerde korrupsie onder openbare amptenare…
28 Apr 11AM 1 min

Napso Privaatskole sportnaweek skop môre af

Die Securitas Napso Privaatskole sportnaweek gaan van môre tot 2 Mei in Swakopmund plaasvind. Pro-Ed is die gasheer vir vanjaar se byeenkoms en het maande lank gewerk om die sportgronde reg te kry vir die naweek. Kosmos 94.1 Nuus het met Johan Fourie, die uitvoerende hoof van Napso gepraat.
28 Apr 10AM 1 min