ReconAfrica begin produksietoetse by Kavango Wes-1X put

Loading player...
Namcor het die aanvang van produksietoetse by die Kavango West-1X-ontdekkingsput in PEL 73 in die Kavango-kom aangekondig. Die put word deur ReconAfrica bedryf met 'n 70 persent belang, saam met vennote BW Kudu met 20 persent en Namcor met 10 persent. Die Kavango West-1X-put het tot dusver bemoedigende tegniese data getoon, en opgedateerde petrofisiese analise dui op ongeveer 75 meter netto koolwaterstoflading binne die Huttenberg-formasie, meer as vantevore geskat. Produksietoetse sal oor ses geteikende sones uitgevoer word, wat strek oor beide die Huttenberg- en dieper Elandshoek-formasies. Produksietoetse sal na verwagting deur die tweede kwartaal vanjaar voortduur, met resultate wat vrygestel sal word soos bedrywighede vorder. Namcor se woordvoerder, Paulo Coelho, het meer.
26 Mar 11AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Gesondheid se moratorium op studies skerp gekritiseer

Die IPC spreek kommer uit oor die gesondheidsministerie se besluit om 'n moratorium op studieverlof en verdere opleiding vir ingeskrewe verpleegkundiges in te stel. Die riglyn, wat op 16 Maart uitgereik is, is bedoel om personeeltekorte aan te pak wat verband hou met verpleegkundiges wat met studieverlof weg is terwyl…
28 Apr 11AM 1 min

Boesak kap korrupsie in staatsdiens

Die anti-apartheidsaktivis, Allan Boesak, sê misdaad, armoede, korrupsie en ongelykheid benadeel steeds baie Suid-Afrikaners. Hy het tydens die bekendstelling van die "Nuwe Vryheidsveldtog" in die St George-katedraal in Kaapstad, die groeiende gaping tussen ryk en arm uitgelig en dit 'n morele krisis genoem. Boesak kritiseer beweerde korrupsie onder openbare amptenare…
28 Apr 11AM 1 min

Napso Privaatskole sportnaweek skop môre af

Die Securitas Napso Privaatskole sportnaweek gaan van môre tot 2 Mei in Swakopmund plaasvind. Pro-Ed is die gasheer vir vanjaar se byeenkoms en het maande lank gewerk om die sportgronde reg te kry vir die naweek. Kosmos 94.1 Nuus het met Johan Fourie, die uitvoerende hoof van Napso gepraat.
28 Apr 10AM 1 min