Jag in bewareas vertoon goed maar daar is uitdagings

Loading player...
Trofeejag het aansienlik meer inkomste vir Namibië se gemeenskaplike bewaringsgebiede gegenereer as gesamentlike ondernemingstoerisme. Toerismeminister Indileni Daniel het aan die parlement gesê dat gemeenskaplike bewaringsgebiede tussen 2013 en 2024 meer as 292 miljoen Namibiese dollar uit trofeejag verdien het, vergeleke met 166 miljoen dollar uit gesamentlike ondernemingstoerisme. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie by Simson Uri-Khob, die uitvoerende hoof van Save the Rhino Trust gekry. Hy sê beide toerisme en jag doen hul deel vir bewaring.
26 Mar 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Gesondheid se moratorium op studies skerp gekritiseer

Die IPC spreek kommer uit oor die gesondheidsministerie se besluit om 'n moratorium op studieverlof en verdere opleiding vir ingeskrewe verpleegkundiges in te stel. Die riglyn, wat op 16 Maart uitgereik is, is bedoel om personeeltekorte aan te pak wat verband hou met verpleegkundiges wat met studieverlof weg is terwyl…
28 Apr 11AM 1 min

Boesak kap korrupsie in staatsdiens

Die anti-apartheidsaktivis, Allan Boesak, sê misdaad, armoede, korrupsie en ongelykheid benadeel steeds baie Suid-Afrikaners. Hy het tydens die bekendstelling van die "Nuwe Vryheidsveldtog" in die St George-katedraal in Kaapstad, die groeiende gaping tussen ryk en arm uitgelig en dit 'n morele krisis genoem. Boesak kritiseer beweerde korrupsie onder openbare amptenare…
28 Apr 11AM 1 min

Napso Privaatskole sportnaweek skop môre af

Die Securitas Napso Privaatskole sportnaweek gaan van môre tot 2 Mei in Swakopmund plaasvind. Pro-Ed is die gasheer vir vanjaar se byeenkoms en het maande lank gewerk om die sportgronde reg te kry vir die naweek. Kosmos 94.1 Nuus het met Johan Fourie, die uitvoerende hoof van Napso gepraat.
28 Apr 10AM 1 min