
Samherji het geen respek vir Afrikane nie - Metcalfe
Loading player...
Die Yslandse visreus Samherji het nie gereageer op 'n versoek om uitbetalings vir ongeveer 252 Namibiese vissers wat hul werk verloor het toe Samherji in 2020 gestaak het na die Fishrot-skandaal nie. Die prokureursfirma Metcalfe Beukes Attorneys het aan die Yslandse vismaatskappy Samherji geskryf en vergoeding vir die werkers geëis, en hulle 'n sperdatum van 16 Maart gegee. Kosmos 94.1 Nuus het met prokureur Richard Metcalfe gesels wat sê hulle sal nou met die kliënte konsulteer oor 'n pad vorentoe. Hy het meer.

