
SABC loop deur oor 'toenemende sensorskap, politieke kaping'
Loading player...
Die vakverbond Saftu sê die SABC is nie die regerende party se spreekbuis nie en mag dit nooit word nie. Die openbare uitsaaier loop deur onder kritiek oor sy besluit om die gewilde politieke geselsprogram, Face the Nation, weens vermeende politieke druk te sluit. Saftu-woordvoerder Asive Dyani sê hierdie verwikkeling is nie ʼn geïsoleerde voorval nie, maar deel van ʼn lang en ontstellende patroon van politieke inmengery, sensorskap en manipulasie by die SABC:

