Woord vir Vandag - 18 April 2026

Loading player...
“Ek sal My ontferm oor hulle ongeregtighede en Ek sal nooit weer aan hulle sondes dink nie.” Hebreërs 8:12 NLV
God vergewe en vergeet (1)
God vergewe en vergeet. Hy onthou alles wat jy reg gedoen het terwyl Hy alles wat jy verkeerd gedoen het, vergeet. Dit is egter vir ons baie moeiliker om ons belyde sonde te vergeet, selfs al onthou God dit nie. Ons is geneig om ons foute makliker as ons suksesse te onthou. Daarom is dit moeiliker om onsself te vergewe as om God se vergifnis te ontvang. Ons is geneig om te onthou wat ons moet vergeet, terwyl ons vergeet wat ons moet onthou. Hierdie onvermoë om die sonde wat ons bely het te vergeet, is deel van ons sondige aard. Die sondeval het die beeld van God in ons gebreek. Die amigdala is die deel van die brein wat vir die berging van emosionele herinneringe verantwoordelik is. Die sterkte van die herinnering word deur die sterkte van die emosie wat daaraan gekoppel is, bepaal. Ons vergeet vinnig die oomblikke wat nie ‘n flits op ons emosionele radar maak nie. Sterk emosies, soos skaamte, neem egter sondige foto’s en plak dit op plakkate in ons binneste vas. Hulle word buite verhouding in die donkerkamer van die gees opgeblaas. Sukkel jy om te vergeet wat God vergewe het? Lees dan hierdie Skrifgedeeltes aandagtig en biddend: ‘Ek, ja, Ek alleen, is die Een wat julle sonde uitwis. Ek doen dit ter wille van Myself en dink nie weer daaraan nie’ (Jesaja 43:25 NLV). ‘Ek het jou sondes weggevee soos wolke verdwyn. Ek het jou oortredings verstrooi, jou sondes soos wolke wat verdwyn. Keer terug na My toe, want Ek het jou gered’ (Jesaja 44:22 NLV). ‘Ek sal My ontferm oor hulle ongeregtighede en Ek sal nooit weer aan hulle sondes dink nie’ (Hebreërs 8:12 NLV). God het jou sonde vergewe en vergeet - dis tyd dat jy met Hom saamstem en dieselfde doen.
23 Mar English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Aug 2026

“Let us not become weary in doing good, for at the proper time we will reap a harvest if we do not give up.” Galatians 6:9 NIV Keep on keeping on Some of the world’s most successful people were told by so-called experts that they didn’t have what it took…
28 Jul 1 min

Woord vir Vandag - 31 Aug 2026

“Moet dus nie moeg word om goed te doen nie, want as ons nie tou opgooi nie, sal ons op die regte tyd oes.” Galasiërs 6:9 NLV Hou aan Van die wêreld se suksesvolste mense is deur sogenaamde kenners meegedeel dat hulle nie sukses in die beroepe wat hulle gekies…
28 Jul 2 min

Word for Today - 30 Aug 2026

“Who is this uncircumcised Philistine?” 1 Samuel 17:26 NKJV Trust your covenant with God Fourteen generations before David fought Goliath, God told Abraham, “I will bless those who bless you, and whoever curses you I will curse” (Genesis 12:3 NIV). Later, God extended this covenant to Abraham’s descendants and inserted…
28 Jul 2 min

Woord vir Vandag - 30 Aug 2026

“…Wie is hierdie onbesnede Filistyn...?” 1 Samuel 17:26 NLV Vertrou in jou verbond met God Veertien geslagte voordat Dawid teen Goliat geveg het, het God vir Abraham gesê: ‘Ek sal dié seën wat jou seën en dié wat jou vervloek, sal Ek vervloek…’ (Genesis 12:3 NLV). Later het God hierdie…
28 Jul 2 min

Word for Today - 29 Aug 2026

“Christ…entered…into heaven…to appear in the presence of God for us.” Hebrews 9:24 NKJV Jesus is in your corner (2) Growing up, many of us had no clue what our parents did forty hours a week. We might have known where they worked, but we weren’t altogether sure what they did…
28 Jul 1 min