Oorlog het nog nie by NSX aangeklop nie - Bazuin

Loading player...
Namibiese markte is tot dusver nie eintlik deur die konflik in die Midde-Ooste geraak nie, sê die uitvoerende hoof van die Namibiese aandelebeurs, Tiaan Bazuin. Wat wel duidelik is, is die belangrikheid van diversifering in die wêreld se oliebronne. Hierin skuil baie moontlikhede vir Namibië sou die land olie kan begin ontgin, het Bazuin aan Kosmos 94.1 gesê.
23 Mar 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Werkers moet verteenwoordiging by vakbonde kry

Die Namibiese Voedsel- en Geallieerde Werkers, Nafau, doen 'n beroep op werkers om vakbondverteenwoordiging te soek om moeilike tye te oorleef en billike behandeling in die werkplek te verseker. Dit kom nadat die vakbond suksesvol verskeie loon- en voordeelooreenkomste oor verskillende sektore beding het. Nafau se adjunk-generaalsekretaris, Willem Absalom:
23 Mar 2AM 1 min

City klop Arsenal 2-0, wen Carabao-beker

Manchester City het die voorlopers in die Premier-liga, Arsenal met 2-0 geklop om die Carabao-beker in die Wembley-stadion in Londen 'n negende keer in te palm. Die 21-jarige Nico O'Reilly het twee doele aangeteken om die sege vir City te verseker en het die derde jongste speler geword wat 'n…
23 Mar 2AM 1 min

Reed sê Iran het nie langafstandmissiele nie

Die Britse minister van binnelandse sake, Steve Reed, sê daar is geen bewyse dat Iran oor langafstandmissiele beskik wat Londen kan bereik nie. Reed het reageer op uitlatings deur die Israelse weermag die naweek dat Iran missiele ontwikkel het wat Londen, Parys en Berlyn kan tref. Reed se kommentaar op…
23 Mar 1AM 1 min

DA verwelkom beslissing in asbes bedrogspul

Die DA in die Vrystaat verwelkom die Hooggeregshof in Bloemfontein se uitspraak oor die finale verbeurdverklaring van ses luukse eiendomme en ʼn Mercedes-Benz-voertuig met ʼn totale waarde van 32 miljoen Suid-Afrikaanse rand in Gauteng, die Vrystaat en Noordwes. Roy Jankielsohn van die DA sê die hof het bevind hierdie bates…
23 Mar 1AM 1 min

Eagles berei voor vir reeks teen Oman en Skotland

Namibië se FNB Eagles het ’n goed gebalanseerde span aangewys wat ervaring en opwindende jong talent kombineer vir die komende IKR Krieket Wêreldbeker Liga 2-reeks in Windhoek, wat van 2 tot 12 April teen Oman en Skotland plaasvind. Die veelsydige JJ Smit sal die span lei tydens die reeks en…
23 Mar 1AM 1 min