Woord vir Vandag - 5 April 2026

Loading player...
“Hy is nie hier nie, want Hy is opgewek uit die dood, presies soos Hy gesê het…” Matteus 28:6 NLV
Jesus het die dood vir jou oorwin
Eendag sal jou hart ‘n laaste pols gee en jou longe ‘n laaste asemteug uitblaas. Tensy Christus alreeds teruggekeer het, sal jy sterf. Die Psalmdigter het gevra: ‘Watter mens kan lewe sonder om die dood te sien? Wie kan homself red uit die mag van die doderyk?’ (Psalm 89:49 NLV). Jonk en oud, goed en sleg, ryk en arm; geen mens word daarvan vrygestel nie. ‘Niemand het die mag om die wind te beheer nie. Net so kan mense nie bepaal wanneer hulle doodgaan nie…’ (Prediker 8:8 NLV). Die wyses, die rykes, die armes - niemand kan daarvoor weghardloop of die dood uitoorlê nie. Ons almal sal sterf. ‘Soos elke mens bestem is om net een keer te sterf…’ (Hebreërs 9:27 NLV). Oefen soveel as wat jy wil. Eet net gesonde kos en drink handevol vitamienes. Bly uit die son en weg van alkohol en van dwelms af. Doen jou bes om aan die lewe te bly en jy sal steeds sterf. Die dood lyk soos ‘n doodloopstraat, totdat ons Jesus se opstandingsverhaal lees: ‘Hy is nie hier nie, want Hy is opgewek uit die dood, presies soos Hy gesê het… En gaan sê nou dadelik vir sy dissipels... Hy gaan julle solank vooruit Galilea toe. Julle sal Hom dáár sien… Hulle het toe haastig van die graf af weggegaan… om die boodskap aan sy dissipels te gaan gee… Die elf dissipels het toe na Galilea toe gegaan, na die berg soos Jesus hulle beveel het. Toe hulle Hom sien, het hulle Hom aanbid…’ (Matteus 28:6-17 NLV). Vir die verloste kind van God is die dood nie die einde nie, maar die begin van ‘n glorieryke lewe in die hemel wat geen einde sal hê nie.
22 Mar English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Aug 2026

“Let us not become weary in doing good, for at the proper time we will reap a harvest if we do not give up.” Galatians 6:9 NIV Keep on keeping on Some of the world’s most successful people were told by so-called experts that they didn’t have what it took…
28 Jul 1 min

Woord vir Vandag - 31 Aug 2026

“Moet dus nie moeg word om goed te doen nie, want as ons nie tou opgooi nie, sal ons op die regte tyd oes.” Galasiërs 6:9 NLV Hou aan Van die wêreld se suksesvolste mense is deur sogenaamde kenners meegedeel dat hulle nie sukses in die beroepe wat hulle gekies…
28 Jul 2 min

Word for Today - 30 Aug 2026

“Who is this uncircumcised Philistine?” 1 Samuel 17:26 NKJV Trust your covenant with God Fourteen generations before David fought Goliath, God told Abraham, “I will bless those who bless you, and whoever curses you I will curse” (Genesis 12:3 NIV). Later, God extended this covenant to Abraham’s descendants and inserted…
28 Jul 2 min

Woord vir Vandag - 30 Aug 2026

“…Wie is hierdie onbesnede Filistyn...?” 1 Samuel 17:26 NLV Vertrou in jou verbond met God Veertien geslagte voordat Dawid teen Goliat geveg het, het God vir Abraham gesê: ‘Ek sal dié seën wat jou seën en dié wat jou vervloek, sal Ek vervloek…’ (Genesis 12:3 NLV). Later het God hierdie…
28 Jul 2 min

Word for Today - 29 Aug 2026

“Christ…entered…into heaven…to appear in the presence of God for us.” Hebrews 9:24 NKJV Jesus is in your corner (2) Growing up, many of us had no clue what our parents did forty hours a week. We might have known where they worked, but we weren’t altogether sure what they did…
28 Jul 1 min