Wiele2Wiele maak kennis met Lepas L4

Loading player...
In hierdie week se episode van Wiele2Wiele maak hulle kennis met Lepas en sy L4. Lepas is ’n nuwe handelsmerk onder die Chery-groep. Hulle spandeer ook tyd met die BMW X3 Pure Design en besef weereens hoekom die BMW X3 as die 2025 SAGMJ Motor van die Jaar-wenner aangewys is. Hulle vertel jou dan meer oor die toetsdae van die 2026 Motor van die Jaar-kompetisie wat reeds aan die gang is. Vir 2Wiele gesels hulle oor die MotoGP-voorval wat almal aan die gons het.
13 Mar Afrikaans South Africa Automotive

Other recent episodes

Wiele2Wiele ry Changan Deepal S07

In hierdie week se episode van Wiele2Wiele gaan hulle vir ’n toetsrit met die Changan Deepal S07 en op ’n visvang-avontuur met die Kia Tasman-bakkie.
30 Aug 26 min

Wiele2Wiele: Alles oor nuwe Duster

Hierdie week op Wiele2Wiele gesels hulle oor die nuwe Renault Duster, met ’n nuwe enjin wat tot die reeks toegevoeg is én ’n prys wat jou behoorlik gaan laat regop sit. Hulle gaan ry ook met die spesiale Defender 110 Trophy en die GR Corolla met ’n anime-tema. Vir die…
21 Aug 26 min

Wiel2Wiele gee hul indrukke van nuwe Seltos

Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met die pragtige, splinternuwe Kia Seltos, wat met drie enjins aangebied word – onder andere ’n 1.5-liter-turbodiesel. Hulle vat jou dan saam op die pad in die Lexus RZ 550e F-Sport en die Land Cruiser FJ.
14 Aug 26 min

Wiele2Wiele ry twee bussies

Hierdie week is dit bussie-bonaza op Wiele2Wiele. Hulle gesels oor die Volkswagen Caravelle eHybrid en die Renault Trafic Passenger. Hulle gaan ry ook met die Honda Elevate, gee raad oor tekens wat jou kar vir jou gee dat daar fout is en waarsku jou waarna jy moet kyk as jy…
7 Aug 26 min