
AfriForum bevraagteken polisie se veediefstal-statistieke
Loading player...
AfriForum is bekommerd oor die polisie se veediefstal-statistieke vir Oktober en Desember 2025 en sê dit skep 'n verwronge beeld van die probleem. Die polisie het 'n afname van 9,6-persent aangeteken, maar AfriForum sê eintlik het die gevalle effens gestyg tussen die tweede en derde kwartaal. Woordvoerder Hennie Bekker waarsku onder-aanmelding, 'n gebrek aan hulpbronne en beweerde korrupsie in Veediefstal-eenhede vererger die krisis. Hy vra sterker eenhede en verbeterde teen-korrupsie-maatreëls:

