Zambezi-rivier styg steeds, hoogste vlak in 5 jaar

Loading player...
Inwoners van die Zambezi-streek word gewaarsku teen dreigende oorstromings aangesien die vlak van die Zambezi-rivier sy hoogste in meer as vyf jaar bereik het op 6,76 meter en water versprei nou na die vloedvlaktes. Kosmos 94.1 Nuus het met Zambezi-goewerneur Dorothy Kabula gesels wat sê die situasie is baie erger as verlede jaar. Sy sê inwoners het begin om na hoër gebiede te verhuis:
11 Mar 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Nog koue volgende week op pad

Die gebiede in die Hardap- en ǀǀKharas-streke waar dit dié week gereën het kan oor die naweek nog reën verwag, vanweë 'n sterk bolug-stelsel, wat besig is om weg te beweeg en ook reën oor die meer oostelike Suide sal veroorsaak. Dit is volgens weerkenner George van der Merwe, wat…
21 Jun 5AM 1 min

SAPD is gereed vir 39 Junie - Cachalia

Die waarnemende minister van polisie, Firoz Cachalia, sê hy vertrou die polisie is operasioneel voorbereid is om die wet te handhaaf en af te dwing met die beplande optogte teen buitelandse burgers op 30 Junie. Die minister se woordvoerder, Kamogelo Mogotsi, sê hoewel die grondwetlike reg op vreedsame protes gerespekteer…
21 Jun 4AM 1 min

Verslag kyk na impak van Huwelikswet op LGBT-gemeenskap

'n Nuwe verslag het uitgelig hoe wetgewing soos die Huwelikswet van 2024 steeds vordering met LGBT-regte in Namibië vertraag. Abigail Solomons, die outeur van die IPPR-gepubliseerde verslag, “Not Yet Uhuru – Gender and LGBT Rights in Namibia: Opportunities, Gaps and Challenges”, sê die regsgemeenskap en die burgerlike samelewing moet saamwerk…
21 Jun 3AM 1 min

Jeug moet opstaan, 70% nie geregistreer nie

Die onderwysaktivis Hendrick Makaneta sê jongmense moet nie opsy staan en toekyk hoe volwassenes besluite neem wat hulle in die toekoms sal raak nie. Die Verkiesingskommissie het aangekondig dat meer as 70-persent van Suid-Afrikaners tussen 18- en 19- jaar-oud nie geregistreer is om te stem nie, alhoewel hulle stemgeregtig is…
21 Jun 2AM 1 min

Leinster het Bulle vir elke fout gestraf - Ackerman

Die Bulle se afrigter Johan Ackerman het erken Leinster was die beter span in die eindstryd van die Verenigde Rugbykampioenskap in Dublin, nadat die Pretoria-span Vrydagaand met 36–7 verloor het. Leinster het deurgaans teen 'n vinnige pas gespeel en met volgehoue druk reeds binne die eerste 27 minute drie drieë…
21 Jun 2AM 1 min