SA se groei is stagnant - ActionSA

Loading player...
ActionSA sê die jongste ekonomiese groeisyfers toon die ekonomie is stagnant onder die regering van nasionale eenheid. Die party sê die ekonomie se groei van slegs 0,4-persent tussen Oktober en Desember en 1,1-persent vir die jaar, is laer as die bevolkingsgroei wat beteken dat lewenstandaarde daal. Alan Beesley van ActionSA het ook kommer uitgespreek oor die groei van die onwettige ekonomie en die afname in sektore soos vervaardiging en konstruksie:
11 Mar 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Kommer oor bestuurspraktyke by SAL

Die DA het kommer uitgespreek oor die stand van bestuur by die Suid-Afrikaanse Lugdiens. Die ouditeur-generaal het verlede week gewaarsku die staatslugredery kan binne die volgende 12 maande gesluit word as sy toenemende finansiële en bedryfsprobleme nie hanteer word nie. Die redery het tussen 2018 en 2024 38-miljard Suid-Afrikaanse rand…
29 Apr 11PM 1 min

Weermagkomitee plaas Hegseth onder erge druk

Amerikaanse verdedigingsminister Pete Hegseth het onder druk gekom om Washington se strategie vir die VSA-Israel-oorlog teen Iran uiteen te sit en beweer dat kritici daarvan 'n groter bedreiging vir Amerika as Iran inhou. Hy het voor die Huis van Verteenwoordigers se Weermagkomitee verskyn om wetgewers te probeer oortuig om 'n…
29 Apr 11PM 1 min

Nuwe Atoomenergie-raad ingehuldig

Gesondheidminister Esperance Luvindao het vandag die sesde Atoomenergie-raad in die hoofstad ingehuldig. Die raad het onder andere die belangrike taak om die land se stratetegiese kernkragplan te implementeer. Die lede van die raad sluit in voorsitter Shitaleni Herman, omgewingskommisaris Timotheus Mufeti, Petrina Nghidengwa, Natasja Cupido, John Titus en Colin Namalambo…
29 Apr 11AM 1 min

Sakeliga juig oor BKS-hofuitspraak

Sakeliga verwelkom gister se uitspraak van die Hooggeregshof in Pretoria wat streng sperdatums stel vir die regering se bek-en-klouseer-entstofplan. Anton Meijer van die organisasie sê die uitspraak versterk boere se regsuitdaging en plaas druk op die regering om privaat entstofmaatreëls toe te laat en siektebeheer dringend te verbeter:
29 Apr 11AM 1 min