
Regering beplan vir brandstof-krisis: Ngurare
Loading player...
Eerste Minister Elijah Ngurare sê die regering is in gesprek met verskeie belanghebbendes om te verseker dat daar in die land se brandstofbehoeftes voorsien kan word indien die Midde-Ooste oorlog langer as twee maande aanhou. Namibië se brandstofvoorraad word tans as stabiel beskou, met voldoende reserwes om ongeveer twee tot drie maande se nasionale vraag te dek. Namibië is 'n netto invoerder van geraffineerde brandstof, met produkte wat uit die Midde-Ooste, Indië en die Europese Unie verkry word. Ngurare het vanmiddag in die Nasionale Vergadering gepraat.

