GRN sal voedselsekerheid moet verskerp

Loading player...
Die Straat van Hormuz is gesluit is vir olie-verskeping maar ander uitvoere is ook in die gedrang. Sowat 30 persent van die wêreld se kunsmis word ook deur die Straat verskeep. Stapelvoedsel soos rys en graan sal nie net weens 'n hoër olieprys duurder word nie, maar die beskikbaarheid van kunsmis vir verbouing sal ook 'n rol speel. Ben Schernick, direkteur van die Voedings- en Voedselsekerheidsalliansie van Namibië, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en sê die land moet voedselsekerheid verseker voor die oorlog in die Midde-Ooste drasties vererger.
10 Mar 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Nog koue volgende week op pad

Die gebiede in die Hardap- en ǀǀKharas-streke waar dit dié week gereën het kan oor die naweek nog reën verwag, vanweë 'n sterk bolug-stelsel, wat besig is om weg te beweeg en ook reën oor die meer oostelike Suide sal veroorsaak. Dit is volgens weerkenner George van der Merwe, wat…
21 Jun 5AM 1 min

SAPD is gereed vir 39 Junie - Cachalia

Die waarnemende minister van polisie, Firoz Cachalia, sê hy vertrou die polisie is operasioneel voorbereid is om die wet te handhaaf en af te dwing met die beplande optogte teen buitelandse burgers op 30 Junie. Die minister se woordvoerder, Kamogelo Mogotsi, sê hoewel die grondwetlike reg op vreedsame protes gerespekteer…
21 Jun 4AM 1 min

Verslag kyk na impak van Huwelikswet op LGBT-gemeenskap

'n Nuwe verslag het uitgelig hoe wetgewing soos die Huwelikswet van 2024 steeds vordering met LGBT-regte in Namibië vertraag. Abigail Solomons, die outeur van die IPPR-gepubliseerde verslag, “Not Yet Uhuru – Gender and LGBT Rights in Namibia: Opportunities, Gaps and Challenges”, sê die regsgemeenskap en die burgerlike samelewing moet saamwerk…
21 Jun 3AM 1 min

Jeug moet opstaan, 70% nie geregistreer nie

Die onderwysaktivis Hendrick Makaneta sê jongmense moet nie opsy staan en toekyk hoe volwassenes besluite neem wat hulle in die toekoms sal raak nie. Die Verkiesingskommissie het aangekondig dat meer as 70-persent van Suid-Afrikaners tussen 18- en 19- jaar-oud nie geregistreer is om te stem nie, alhoewel hulle stemgeregtig is…
21 Jun 2AM 1 min

Leinster het Bulle vir elke fout gestraf - Ackerman

Die Bulle se afrigter Johan Ackerman het erken Leinster was die beter span in die eindstryd van die Verenigde Rugbykampioenskap in Dublin, nadat die Pretoria-span Vrydagaand met 36–7 verloor het. Leinster het deurgaans teen 'n vinnige pas gespeel en met volgehoue druk reeds binne die eerste 27 minute drie drieë…
21 Jun 2AM 1 min