Inwoners van die Zambezi-streek word gewaarsku teen dreigende oorstromings aangesien die watervlak van die Zambezi-rivier 6,3 meter bereik het. Kosmos 94.1 Nuus het met Zambezi-goewerneur Dorothy Kabula gesels wat sê die situasie is baie erger as verlede jaar met die rivier wat sy oewers oorstroom. Sy sê inwoners het begin…
Rugby: Die Engelse Rugbyunie skaar hom agter hoofafrigter Steve Borthwick ondanks agtereenvolgende nederlae teen Skotland, Ierland en Italië in die Sesnasieskompetisie. Die unie se uitvoerende hoof, Bill Sweeney sê Engeland se veldtog sal deeglik ondersoek word na Saterdag se laaste wedstryd teen Frankryk in Parys. Borthwick sê hy is steeds…
Hierdie naweek se hibriede wildveiling in Windhoek het Namibiese rekords vir wildveilingsverkope gebreek. 'n Gemsbok het vir 3,1 miljoen Namibiese dollar gegaan, terwyl 'n koedoebul 'n rekordprys van 4,5 miljoen bereik het. Die koedoebul uit die Gobabis-gebied het met 'n horinglengte van 68 duim, meer as 1,7 meter vorige rekords…
Die Suid-Afrikaanse Reserwebank gaan sy risiko-scenario hersien weens die konflik in die Midde-Ooste, die hoër olieprys en die stand van die rand. Dit kan 'n invloed op die bank se monetêre beleid vir die res van die jaar hê. Die bank besluit op 26 Maart wat die nuwe rentekoers gaan…
Fishrot-beskuldigde Ricardo Gustavo staan medebeskuldigde Sacky Shanghala se poging om Hooggeregshofregter Marelize du Plessis van die saak te laat onttrek teen, en voer aan dat die skuif 'n vertragingstaktiek is. Shanghala beweer dat die regter nie die ervaring het om die korrupsieverhoor te lei nie. Gustavo se regverteenwoordiger, Ileni Gebhardt,…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.