
Mede-Fishrotter staan Sacky se 'vertragingstaktiek' teë
Loading player...
Fishrot-beskuldigde Ricardo Gustavo staan medebeskuldigde Sacky Shanghala se poging om Hooggeregshofregter Marelize du Plessis van die saak te laat onttrek teen, en voer aan dat die skuif 'n vertragingstaktiek is. Shanghala beweer dat die regter nie die ervaring het om die korrupsieverhoor te lei nie. Gustavo se regverteenwoordiger, Ileni Gebhardt, sê die aansoek verleng onregverdig die aanhouding sedert 2021 van die ander beskuldigdes.

