
Madlanga-kommissie weier dat Carrim in camera getuig
Loading player...
Die Madlanga-kommissie het 'n sakeman van Noordwes, Suliman Carrim, se aansoek verwerp om in camera te getuig weens beweerde doodsdreigemente. Hy sal vandag en môre in die openbaar getuig oor bewerings dat hy politieke verbintenisse gebruik het om die omstrede sakeman Vusimuzi “Cat” Matlala te help om 'n polisie-tender van 360-miljoen-rand te bekom, en omkoopgeld ontvang het. Voorsitter, regter Mbuyiseli Madlanga, het nie onmiddellik redes vir die besluit verskaf nie:

