
Snyman beïndruk met sy Blitsbok-span
Loading player...
Die Springbok-sewes se afrigter, Philip Snyman, sê hy is trots op die span se kliniese spel teen Spanje in die eindstryd van die Kanadese wêreldreekstoernooi in Vancouver. Suid-Afrika het ses drieë gedruk en Spanje 38-12 verpletter. Dit was die Blitsbokke se derde titel in vyf toernooie in die huidige seisoen. Snyman sê hy is tevrede met die span se volgehoue spelpeil en die groep se diepte:

