NSFAS moet woeker met akkommodasie

Loading player...
Die onderwysaktivis Hendrick Makaneta erken die werk wat die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente doen om studente se uitstaande probleme, insluitend probleme met verblyf, op te los. NSFAS se raadsvoorsitter, Mugwena Maluleke, het aangekondig die skema het 224 983 verblyfaansoeke vanaf studente regoor die land ontvang en 148 825 studente en verblyfverskaffers het getekende huurkontrakte ingedien. Makaneta vra NSFAS om vinnig op te tree en te verseker daar is algemene nakoming, veral vir studente in privaat studenteverblyf:
9 Mar 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Gevangenis boer vooruit

Die plaas van die Divundu-gevangenis in Kavango-Oos het 'n opbrengs van 14 miljoen Namibiese dollar in die vorige seisoen gelewer. Die plaas verskaf produkte aan al 14 korrektiewe fasiliteite in die land. In die 2024-25 seisoen het die plaas sowat 1 446,8 metrieke ton mielies geoes teen 'n gemiddeld van…
30 Apr 2AM 1 min

Likwidasies in SA neem toe

Statistieke Suid-Afrika sê sakelikwidasies het in Maart toegeneem. Die totale aantal likwidasies het op 'n jaargrondslag met 15-persent, van 127 tot 146 gevalle, gestyg. Die styging is gedryf deur hoër getalle van beide beslote korporasies en maatskappye wat gesluit is. Onica Mushwana van Statistieke SA sê in Januarie en Maart…
30 Apr 2AM 1 min

Nog ‘n anti-Semitiese aanval in Londen

Twee Joodse mans is in die Golders Green-gebied van Noord-Londen met 'n mes gesteek, wat die polisie amptelik as 'n terroriste-voorval verklaar het. Die slagoffers, 76- en 34-jaar oud, is in 'n bestendige toestand in die hospitaal. Hierdie voorval volg op 'n vlaag antisemitiese aanvalle in Brittanje. Die hoof van…
30 Apr 1AM 1 min

VAE se onttrekking uit Opul goeie nuus vir invoerders

Reaksie word ontvang op die besluit van die Verenigde Arabiese Emirate om Opul op 1 Mei te verlaat, 'n knou vir die olieproduserende groep wat poog om die olieprys te beheer. Kosmos 94.1 Nuus het met die Suid-Afrikaanse ekonoom Dawie Roodt gesels, wat sê dit is goeie nuus vir petroleum-invoerlande…
30 Apr 1AM 1 min

Versigtig met besteding oor die vakansiedae

Hoe om jouself nie bankrot te maak met al die vakansiedae nie. Vakansiedae is lekker maar duur. Old Mutual Namibia het raad daarvoor. Ashante Manneti, Old Mutual se stigting en kleinhandel bemarkingsbestuur gee raad.
30 Apr 1AM 1 min