Sewende VSA-soldaat sterf in Midde-Ooste

Loading player...
’n Sewende Amerikaanse Weermaglid is dood aan beserings wat hy in Iran se aanvanklike aanval in die Midde-Ooste opgedoen het toe ’n tydelike bedryfsentrum op die burgerlike hawe Shuaiba in Koeweit getref is. Die oorskot van ses ander soldate wat gesterf het, het die naweek op die Lugmagbasis Dover in Delaware aangekom. Die minister van Verdediging, Pete Hegseth, het aan CBS gesê die Amerikaanse sending in Iran is goed op dreef:
9 Mar 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Zambezi-rivier oorstroom walle, inwoners trek na hoër dele

Inwoners van die Zambezi-streek word gewaarsku teen dreigende oorstromings aangesien die watervlak van die Zambezi-rivier 6,3 meter bereik het. Kosmos 94.1 Nuus het met Zambezi-goewerneur Dorothy Kabula gesels wat sê die situasie is baie erger as verlede jaar met die rivier wat sy oewers oorstroom. Sy sê inwoners het begin…
9 Mar 11AM 1 min

Engelse Rugbyunie staan steeds by afrigter Borthwick

Rugby: Die Engelse Rugbyunie skaar hom agter hoofafrigter Steve Borthwick ondanks agtereenvolgende nederlae teen Skotland, Ierland en Italië in die Sesnasieskompetisie. Die unie se uitvoerende hoof, Bill Sweeney sê Engeland se veldtog sal deeglik ondersoek word na Saterdag se laaste wedstryd teen Frankryk in Parys. Borthwick sê hy is steeds…
9 Mar 11AM 1 min

Koedoebul met 1,7m horinglengte haal N$4,5 miljoen op veiling

Hierdie naweek se hibriede wildveiling in Windhoek het Namibiese rekords vir wildveilingsverkope gebreek. 'n Gemsbok het vir 3,1 miljoen Namibiese dollar gegaan, terwyl 'n koedoebul 'n rekordprys van 4,5 miljoen bereik het. Die koedoebul uit die Gobabis-gebied het met 'n horinglengte van 68 duim, meer as 1,7 meter vorige rekords…
9 Mar 10AM 1 min

Rentekoers-bewegings onduidelik weens Iran-oorlog

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank gaan sy risiko-scenario hersien weens die konflik in die Midde-Ooste, die hoër olieprys en die stand van die rand. Dit kan 'n invloed op die bank se monetêre beleid vir die res van die jaar hê. Die bank besluit op 26 Maart wat die nuwe rentekoers gaan…
9 Mar 10AM 1 min