
Operasies by Steve Biko uitgestel oor lugversorging
Loading player...
Die DA in Gauteng eis dat die provinsiale Departement van Gesondheid dringend die lugversorging in die Steve Biko Hospitaal in Pretoria moet laat regmaak. Die party sê pasiënte is hewig ontsteld omdat chirurgie vir meer as 'n maand vertraag is weens voortdurende probleme met die lugversorging in operasiesale. Talle angstige familielede van pasiënte het die DA-lid, Jack Bloom, gekontak omdat hul geliefdes erge pyn en ongemak ervaar terwyl hulle wag vir hul operasies:

