
Kerk moet groter rol in gemeenskap speel, sê Witbooi
Loading player...
Visepresident Lucia Witbooi het ‘n beroep op die Raad van Kerke in Namibië gedoen om hul lede aan te spoor om meer aktief in hul gemeenskappe betrokke te raak. Witbooi het tydens die Wêreldbiddag vir Vroue in Windhoek gesê kerke speel ‘n belangrike rol om eenheid en transformasie in gemeenskap te bewerkstellig. As sulks is kerke belangrik in die bekamping van geweld.

