
Zille jaag burgemeestersketting met groot beloftes
Loading player...
Die DA in Johannesburg se burgemeesterskandidaat, Helen Zille, het ter voorbereiding van die komende plaaslike regeringsverkiesing, vyf beloftes aan die mense van Johannesburg bekendgestel. Zille sê die DA sal hande vat met die privaat sektor om Johannesburg se toekoms te bou, met die fokus op betroubare water en elektrisiteit, paaie wat reg is en 200 000 nuwe werksgeleenthede na Johannesburg lok. Sy voeg by die party sal korrupsie uitroei, openbare ruimtes beveilig en 'n professionele en moderne regering instel:

