
LUR veroordeel aanval op Porterville-boer
Loading player...
Die Wes-Kaapse LUR vir landbou, ekonomiese ontwikkeling en toerisme, Ivan Meyer, het die gewelddadige aanval op Hugo Louw veroordeel, wat onlangs op die R-365 naby die plaas Waa Drift in die Porterville-distrik plaasgevind het. Drie verdagtes is met die hulp van plaaslike plaaswagte en naburige boere aangekeer. Meyer het die ernstige uitwerking beklemtoon wat geweldsmisdaad en veediefstal op boerderygemeenskappe, voedselsekerheid en landelike ekonomiese bestendigheid het:

