Verspoelings ontwrig handel na DRK

Loading player...
Die Walvisbaai-korridorgroep sê 700 SAOG-vragmotorbestuurders is gedwing om alternatiewe roetes na die Demokratiese Republiek van die Kongo te neem nadat swaar reën 'n belangrike brug by die Kasumbalesa-grenspos in Zambië vernietig het. Die brug se ineenstorting het die vervoer van mynbou-insette, brandstof, mineraaluitvoere en handel in die streek vertraag. Kosmos 94.1 Nuus het met die Groep se woordvoerder Maria Paulus gepraat:
7 Mar 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Zambezi-rivier oorstroom walle, inwoners trek na hoër dele

Inwoners van die Zambezi-streek word gewaarsku teen dreigende oorstromings aangesien die watervlak van die Zambezi-rivier 6,3 meter bereik het. Kosmos 94.1 Nuus het met Zambezi-goewerneur Dorothy Kabula gesels wat sê die situasie is baie erger as verlede jaar met die rivier wat sy oewers oorstroom. Sy sê inwoners het begin…
9 Mar 11AM 1 min

Engelse Rugbyunie staan steeds by afrigter Borthwick

Rugby: Die Engelse Rugbyunie skaar hom agter hoofafrigter Steve Borthwick ondanks agtereenvolgende nederlae teen Skotland, Ierland en Italië in die Sesnasieskompetisie. Die unie se uitvoerende hoof, Bill Sweeney sê Engeland se veldtog sal deeglik ondersoek word na Saterdag se laaste wedstryd teen Frankryk in Parys. Borthwick sê hy is steeds…
9 Mar 11AM 1 min

Koedoebul met 1,7m horinglengte haal N$4,5 miljoen op veiling

Hierdie naweek se hibriede wildveiling in Windhoek het Namibiese rekords vir wildveilingsverkope gebreek. 'n Gemsbok het vir 3,1 miljoen Namibiese dollar gegaan, terwyl 'n koedoebul 'n rekordprys van 4,5 miljoen bereik het. Die koedoebul uit die Gobabis-gebied het met 'n horinglengte van 68 duim, meer as 1,7 meter vorige rekords…
9 Mar 10AM 1 min

Rentekoers-bewegings onduidelik weens Iran-oorlog

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank gaan sy risiko-scenario hersien weens die konflik in die Midde-Ooste, die hoër olieprys en die stand van die rand. Dit kan 'n invloed op die bank se monetêre beleid vir die res van die jaar hê. Die bank besluit op 26 Maart wat die nuwe rentekoers gaan…
9 Mar 10AM 1 min